Aspoesterella 'n Poespas poging tot 'n pantomini
Thu Oct 6, 19:30 - Sat Oct 8, 21:00
Adam Small Theatre Complex
ABOUT
Welkom by die wonderlike wêreld van Aspoesterella! Die arme wesie bevind haarself in die afgrondspiraal van Dame Louisa Vitton en haar twee dogters Tiffani’s en Cartier. Tesame met die hulp van Muiscarpone en Edwina Edgars, probeer Aspoesterella altyd die goeie van ‘n slegte saak maak! Die oomblik wat ‘n uitnodiging na die koninklike bal van Prins Thomas Ford op die Vitton huishouding se voorstoep beland, lyk dinge beter vir ons heldin… Dit was totdat die dame van die huishouding haar hakke inslaan en vir Boerboel Burger manipuleer om ‘n stokkie daarvoor te steek. Aspoesterella: ‘n poespas poging tot ‘n pantomini is eersdaags in die Adam Small teater vanaf 6-8 Oktober om 19:30 elke aand. Die geselskap beloof om elke volwasse kind (geen 0/16) die klassieke sprokie uit ‘n nuwe oogpunt te laat beleef.