SKALLABRAK vier 21ste

Fri Oct 28, 17:00 - Fri Oct 28, 23:00

The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch

ABOUT

SkallaBrak is ‘n Afrikaanse Rockgroep wat dateer uit 2001, en gestig is in London UK deur Hendrik Brakwater en Schalk Maas. Hulle musiek is ‘n keurspel van Rock & Roll en Alternatiewe Afrikaans, met eerlike lirieke wat dui dat die manne van plattelandse herkoms is. 

Hulle bestaan uit 5 lede en het ‘n unieke SkallaBrak klank wat oorhoofs kitaar aangedrewe en sang met 4 stemme , amper soos die BeeGees met steroids, in Afrikaans.


Hul vier hul 21ste bestaansjaar op Vrydag 28 Oktober by die Daisy Jones bar in Stellebosch.

Deure: 17h00

Show: 21h00

Kaartjies: R150 aanlyn | R200 bydie deur


Kos en drank by die venue beskikbaar.

Tafel besprekings vir 6 of meer kan deur middel van WhatsApp gedoen word: +27 64 968 2015


5 studio albums (Morsig, Musiek vir my Spaceship, Kophou Internasionaal, Hond se Gedagtes, Op Hitte) later en deur 2 dekades blaas hulle weer energie in ou en nuwe liedjies wat herinneringe los maak.  

Die lede bestaan uit Hendrik Brakwater (Hoofsanger en Akoestiek), Schalk Maas (Vokaal, Ritme Kitaar, Trekklavier, Bekfluit), Deon du Toit (Vokaal, Hoof Kitaar), Altan Ungerer (Vokaal, Bas) en Jean Tunes (Dromme). 


Join ons vir 'n aand vol herinnering, musiek, en samesyn.


DIRECTIONS

SKALLABRAK vier 21ste
The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch
33°52'57. 18°50'49, 6 8th Ave, Stellenbosch, 7615
Get Directions