Family friendly

Ivan Roux (Live @ Centurion Teater)

Fri Nov 18, 19:30 - Fri Nov 18, 21:00

Die Centurion Teater

ABOUT

Nadat Ivan Roux as naaswenner van Die Kontrak, Via TV en Coleske Artists se realiteit-talentkompetsie, uitgetree het, het dié pop-sanger se talent, persoonlikheid en liefde vir sy kinders diep in die harte van Afrikaanse musiekliefhebbers gekruip.


Ivan se konserte is opgewek en energiek en hy bekoor gehore waar hy ookal met sy kitaar en orkes gaan. 


Sy debuutalbum, Daai Ding, is ’n voelgoed-album wat die partytjie aan die gang sal sit en met sy rasperstem maak hy die meisies se knieë behoorlik lam. 


Ivan se enkelsnit, Doennit Als Vir Liefde, was as eksklusiewe enkelsnit op die Afrikaans is Groot Vol. 12 versamelalbum ingesluit met die musiekvideo wat teen die einde van 2019 vrygestel is. 


Dié liedjie, uit Gerhard Steyn se pen, was betyds vir die feesseisoen en was orals by kuierplekke regoor die land geniet - as agtergrondmusiek of tydens een van Ivan se optredes.


Hy is die perfekte kombinasie tussen sy kollegas Jay en Gerhard Steyn wat nie nét ’n besonderse verhoogpersoonlikheid het nie, maar ook enige partytjie aan die gang kan kry.  


DIRECTIONS

Ivan Roux (Live @ Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions