No under 18s

Die Wyn Show: A Night in Paris (Die Kelder @ Centurion Teater)

Wed Sep 14, 19:30 - Fri Sep 16, 22:00

Die Kelder @ Centurion Teater

ABOUT


  


Die populêre TREFFER-geleentheid! Bespreek betyds! Kaartjies verkoop gou weens besonderse aavraag! Beperkte plekke beskikbaar.


Wyn, Kos en Vermaak! Ons sê JA! DIE WYN SHOW is ‘n maandlikse treffer-geleentheid waar gaste vervoer word deur die wêreld van wyn, kos en kuns. Hoe klink ‘n wynproe, aangebied deur een van die land se voorste wynkenners, Judith Lee; ‘n gepaartgaande ete vaardig voorberei deur ‘n professionele sjef van Jan se Kombuis, top-klas vermaak, alles in die knus en klassiek-romantiese omgewing van Die Kelder by die Centurion Teater?

 

As dit nie soos ‘n onvergeetlike ervaring klink nie, weet ons nie wat sal nie! Perfek vir ‘n ‘Date Night’ of ‘n heerlike kuier saam met vriende.

 

Die Wyn Show vervoer ons hiérdie keer na die romantiese en eksklusiewe strate van Parys, Frankryk - frans-geinspireerde wyne en vonkelwyne, traditionele en moderne franse disse en die uitmuntende strelende en merkwaardige musiek van Edith Piaf.

 


Kaartjies: R300.00 pp (Insluitend Wynproe, Ligte Ete en Vermaak)

1ste Datum: Woensdag, 14 September 2022

2de Datum: Vrydag, 16 September 2022

Tema: A Night in Paris

Tyd: Vanaf 19h30

Plek: Die Kelder @ Centurion Teater

 

Bespreking noodsaaklik. Beperkte aantal plekke beskikbaar.

 

Kontantkroeg beskikbaar vir enige verdere drankies.

Bestellings teen spesiale pryse, direk van wynplase, sal ook geneem word.

 

Geen onder 18’s.

DIRECTIONS

Die Wyn Show: A Night in Paris (Die Kelder @ Centurion Teater)
Die Kelder @ Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions