AFFIE-ORKESKONSERT

Fri Aug 18, 18:30 - Fri Aug 18, 20:30

AHS Potgietersaal

ABOUT

Die Musiekdepartement van die Afrikaanse Hoër Seunskool bied aan


ORKESKONSERT


Die Afrikaanse Hoër Seunskool spog met vyf orkeste wat gereeld by plaaslike kunswedstryde en interkultuuraande hul buiging maak. Negentig seuns uit die twee honderd en vyftig leelringe wat musiek as vak neem, is deel van hierdie vyf orkeste wat die volgende insluit: konsert-, simfonie-, stryk-, en kitaarorkeste asook die swingensemble. Hierdie orkeste sal ‘n verskeidenheid van musiekstyle voordra en dit beloof om ‘n heerlike musiekaand vir die hele familie te wees.


Verder is die skool ook trots op ’n aantal kleiner ensembles wat optree, naamlik die strykkwartet, die junior- en senior marimba-ensembles, kitaarkwartet en “drumline”.


Die Affie-orkeste neem in Oktober aan die Vierde Nasionale Orkesfees vir Skole in George deel. Hierdie geleentheid wat aan die seuns gebied word, genereer geen inkomste waarmee die hoë toerkoste verlaag kan word nie. Die opbrengs van die konsert word daarom aangewend om die orkestoerfonds aan te vul.


Ons glo dat om in ‘n orkes te speel, dissipline, spanwerk en kameraadskap bevorder. Verder bring dit goeie balans in ‘n seun se lewe om musiek te maak. Baie van die leerlinge wat deel van die orkeste is, is ook toegewyde sportmanne en neem aan ander kultuuraktiwiteite soos redenaars, debat, skaak, ens. deel.

DIRECTIONS

AFFIE-ORKESKONSERT
AHS Potgietersaal
1 Lynnwood Rd, Lynnwood, Pretoria, 0002
Get Directions