No under 16s

Plesierengel

Fri Sep 2, 17:00 - Sat Sep 3, 16:30

Mbombela Stadsteater

ABOUT

Toneel: Tragi-komedie / eenmanvertoning

Naam van produksie: Plesierengel

Met Ruan Wessels

Teks: Leon van Nierop

Regie: Lihan Pretorius en Johan van der Merwe

Vervaardiger: Leftfoot Theatre Productions

Gradering: 16+ (SNTG)


Dié eenmanstuk is gegrond op Leon van Nierop se blitsverkopers, Plesierengel en Katelknaap. Toe ? jong man die skrywer Leon van Nierop 25 jaar gelede uit die bloute nader om sy “besondere lewensverhaal” te skryf, was die skrywer aanvanklik huiwerig. Tot die man sekere geheime openbaar gemaak het wat sy verhaal nuwe dimensie gegee en uniek gemaak het. Tristan het in ’n streng en liefdelose huis grootgeword, en tragiese omstandighede dwing hom om ’n sekswerker te word. Hy laat vroue swymel en gou word hy die gewildste en hoogsbetaalde gigolo in Suid-Afrika. Vir Tristan gaan dit egter nie net om seks nie – vir hom is dit belangriker om waarlik liefgehê te word. Hierdie verhaal is gegrond op ware gebeure. Ruan Wessels, wat die rol van Tristan speel, is bekend vir sy rolle in die TV-sepie Binnelanders, asook op die verhoog in onder andere Brothers en We hyg so? en rolprente soos Hoofmeisie, Dis ek Anna, Jou Romeo en die TV-reekse Erfsondes, Ekstra Medium, Spoorloos e.a. Hy het aan Leon gesê dat hy vreesloos eerlik en onbevange op die verhoog wil wees. Na afloop van die produksie se speelvak in Centurion, het Leon Leftfoot Theatre Productions geloof vir wat die wyse waarop hulle met die moeilike tema omgegaan het. Hy het ook vir Ruan Wessels geluk gewens met die wyse waarop hy met bravade van sy beeld as onskuldige skoolseun ontslae geraak het.

 

DIRECTIONS

Plesierengel
Mbombela Stadsteater
1 Nel St, Sonheuwel Central, Mbombela, 1201
Get Directions