No under 16s

Schalk Bezuidenhout - Keeping Up (Centurion Teater Lekker-Lag Fees 2022)

Thu Sep 15, 19:30 - Thu Sep 15, 21:30

Centurion Theatre

ABOUT

Schalk Bezuidenhout used to be woke AF (is that what the kids say these days?) What does AF even stand for? Point is: Schalk let used to be the liberal guy at the braai. But it's happening more and more that Schalk, and all of us for that matter, has to count his words. It's not like Schalk is against change! Not at all! But in this ever changing world and society, he is just trying to keep up. 


'Keeping up' is Schalk Bezuidenhout's 5th one man show and definitely not one to miss!


Centurion Teater Lekker-Lag Fees 2022


Die Centurion Teater is bekend en bekroon vir haar top-klas, knus en kwaliteit vermaak van alle soorte. Met ‘n prioriteit en fokus op kunste vir die gemeenskap word jong, oud en almal tussen-in genooi vir ‘n ontsnapping van die soms donker realiteit – Teater se eenvoudigste doel.


Die Centurion Teater LEKKER-LAG Fees 2022 bou voort op hierdie missie en bring DRIE ongelooflik-snaakse komediante op die planke vanaf Sept tot Okt 2022 in drie mag-nie-misloop vertonings. “In donker dae kan ‘n giggel die straal lig wees wat almal nodig – tot Eskom kan nie ‘n lag afsit nie,” sê Tiaan Kirsten-Lubbe en Lian Sachse, bestuurders en eienaars van die teater.


Op 15 September skop SCHALK BEZUIDENHOUT die fees af met sy wel-bekende sin van humor en grappies in sy nuwe eenmanvertoning – KEEPING UP. Dié vertoning is ook die begin van sy nuwe toer wat daarna oor die land gaan reis.


Op 29 September kom die baie bekende komediant en seksuoloog TIMOTHY KIESWETTER die gehoor laat skaterlag in ‘n vertoning “ ‘n Grap van ‘n Huwelik” waarin hy groot knoppies druk en in diepte kyk na die verhouding van ‘n huwelik asook nodige tips gee oor hoe om die sekslewe ‘n nuwe vibrasie te gee. Gaste kan ook uitsien om na die vertoning ‘n hele reeks seks-speelgoed te koop om huis toe te neem.


Die Lekker-Lag Fees 2022 kom tot ‘n giggelende einde op 14 Oktober met die legendariese en skreeusnaakse MARION HOLM in haar vertoning van Holmruggery wat al by al wat ‘n fees is gewys het. “Hierdie is ‘n vertoning waar almal net kan lag en ontspan…as jy wil huil en wroeg, gaan kyk liefs iets anders,” sê Holm self.

           

SPESIAAL: Diegene wat vir AL DRIE vertonings kaartjies koop en ‘n e-pos stuur aan [email protected] om dit te bevestig, kry ‘n gratis R50 UBER voucher. Nou kan gaste om lag, kom drink én veilig by die huis uit kom – DIS MOS NOU HOE MENS MAAK!

 

Kaartjies is by Quicket of by www.centurionteater.co.za beskikbaar.

R200 pp per vertoning. Beperkte sitplekke beskikbaar. 

DIRECTIONS

Schalk Bezuidenhout - Keeping Up (Centurion Teater Lekker-Lag Fees 2022)
Centurion Theatre
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions