Juan Boucher live by Daisy Jones, Stellenbosch

Sat Dec 17, 17:00 - Sat Dec 17, 22:30

The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch

ABOUT

Juan boucher is met rede een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars. Sy musiek het die vermoë om jou dansvloer toe te sleep, sy stem skuur soos honderdgrein skuurpapier oor die klank van elektriese kitare en met sy lirieke deel hy digterlik en opreg sy eie lewens ervaring.


Met sy nuutste album 'Hier Waar Ek Nou Is' bring Juan vir sy aanhangers 'n nuwe klank na Stellenbosch op Saterdag 17 Desember by die Daisy Jones bar.


Saterdag 17 Desember

Deure: 17h00

Show: 20h00

Kaartjies: R200 aanlyn of R250 bydie deur


Die vertoning is staande en geen sitplekbesprekings word toegelaat nie.

Lekker pizzas/burgers te koop op die dag asook 'n kontantkroeg.


The Daisy Jones

Summerhill Wines

R44

Stellenbosch

(Gebruik die WAZE app om by die venue uit te kom)



Hier Waar Ek Nou Is, is die kulminasie van evolusie waar deur Juan gegaan het met sy laaste drie albums. Dit is volwasse en minimalisties, maar lewer steeds ‘n musikale skop.

Kry die album nou hier!

DIRECTIONS

Juan Boucher live by Daisy Jones, Stellenbosch
The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch
33°52'57. 18°50'49, 6 8th Ave, Stellenbosch, 7615
Get Directions