Platformsessies Ongetiteld

Fri Jul 22, 17:00 - Fri Jul 22, 22:30

The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch

ABOUT

In Julie gaan nog vier ATKV-Crescendofinaliste die verhoog betree as deel van ATKV se Platformsessies.

Annika Boschoff, Suné Damons, Leandi Schmidt en MJ Scoltz het deurgedring na die finale rondte van ATKV-Crescendo se mentorskapprogram vir 2022. Hierdie talentvolle musikante is meer as gereed om te wys wat hulle geleer het tydens hierdie gewilde musiekontwikkelingsprojek.


Venue: The Daisy Jones Bar, Stellenbosch

Datum: Vrydag, 22 Julie 2022

Tyd: Deure open om 17:00. Die vertoning begin 19:00.

Prys: R200 per persoon beskikbaar by Quicket (www.quicket.co.za)


First-come-first-served op sitplek so kom lekker vroeg om jouself gemaklik te kry voor die vertoning.

Heerlike pizzas/burgers beskikbaar by die venue asook 'n kroeg.

Geen eie drank word toegelaat nie.


================

Meer oor die show:

================

Weens die wyd-uiteenlopende musikale talent en belangstelling het die organiseerders besluit om aan die deelnemers vrye teuels te gee ten opsigte van die musikale styl of genre waarin hulle moet komponeer en optree.


“Ons het hierdie besluit gemaak sodat deelnemers die vryheid kan hê om hul musikale talent ten volle te ontwikkel,” verduidelik Robin Fourie, die kreatiewe direkteur van die Platformsessies. “Ons groot droom is dat hierdie produksie met die naam Platformsessies Ongetiteld, die begin is van ’n musikale paradigmaskuif met betrekking tot musiekgenres en ras en kultuur. Daardie idee van sekere soort musiek is net vir sekere soort mense. Musiek het geen grense nie. ATKV-Crescendo hoop om deur hierdie vertoning stereotipes verkeerd te bewys.”


Die gehoor kan uitsien na ‘n kaleidoskoop van klanke en style – van rock, soul, jazz, folk en selfs klassiek. Die kunstenaars word deur die Crescendo-orkes onder leiding van William Jacobs ondersteun wat seker sal maak dat die verwerkings van die kunstenaars se oorspronklike musiek, asook ou treffers, tot hul volle reg kom. ATKV-Crescendo-ambassadeur, sanger en akteur Whaden Johannes sal as seremoniemeester sorg vir ’n bietjie ligte vermaak.

“My motto is: Daag daar op, gee my beste en steel al die aandag. Altyd! Hierdie keer het ek veral my danspassies geoefen.”


Platformsessies se wynreeks wat in samewerking met The Grape Grinder ontwikkel is, sal by die geleentheid teen R150 ’n bottel beskikbaar wees.


Kontak Ronel Vorster by [email protected] vir seisoenkaartjies.


Webwerf

Facebook

Instagram

DIRECTIONS

Platformsessies Ongetiteld
The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch
33°52'57. 18°50'49, 6 8th Ave, Stellenbosch, 7615
Get Directions