No under 13s

Lizz Meiring - Kameras, Konserte en Kleedkamer Stories

Fri Sep 2, 19:30 - Fri Sep 2, 21:00

Centurion Theatre

ABOUT

In 2022 vier aktrise Lizz Meiring 38 jaar in die vermaaklikheidbedryf!!!



Om hierdie mylpaal te vier is ‘n spesiale vertoning/konsert geskep. Die vertoning is ’n klets en skets konsert en Lizz vertel van die woelinge en waansin, die tragedies en triomfe, die chaos en kreatiwiteit, die beroemdes en berugtes, die vreugdes en vertwyfelings van ’n lewe as aktrise.


Sy onthul die ver paaie se reis - plaaslik en internasionaal, die vreemde kleedkamers, verhoë, film- en tv stelle , die soms vreemde gedrag van gehore, luisteraars, kykers en die bewonderaars.


In hierdie uiters vermaaklike stuk , vol verrassings oor die vermaaklikheidsbedryf , kry die gehoor ’n agter-die-skerms ervaring soos nog nooit vantevore. ’n Stroom karakters uit haar skeppende skatkis maak hul opwagting - dis vars, dis slim, snaaks en soms meer ernstig.


Dis warmhartig, deernisvol en uiteindelik die storie van oorlewing en belewing - die verhaal van die aanslae, gelukskote , opslae en wenslae van die lewe waarmee elkeen kan indentifiseer .


DIRECTIONS

Lizz Meiring - Kameras, Konserte en Kleedkamer Stories
Centurion Theatre
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions