Family friendly

Reynardt Hugo @ Centurion Teater

Fri Aug 5, 19:30 - Fri Aug 5, 21:30

Centurion Theatre

ABOUT

Akteur, sanger, motiveringspreker en nou ook skrywer–Reynardt Hugo pak die lewe met passie aan!


Reynardt Hugo is ’n gewilde Suid-Afrikaanse akteur, musikant, liedjieskrywer, motiveringspreker en skrywer. Hy werk al sedert 2008 in die vermaakbedryf en is bekend vir sy rol as dr. Tertius Jonker in die gewilde kykNET-sepie Binnelanders. In 2010 het hy saam met Hugo Ludik die bekroonde popgroep, ADAM, begin wat oor die jare die land vol getoer en verskeie toekennings gewen het en verantwoordelik was vir treffers soos Liefde Soldaat, Kasteel, Hoogtevrees, Sê My, Iets In Die Water en meer. Nadat die groep aan die einde van 2019 halt geroep het, het Reynardt besluit om op sy solo-musiekloopbaan te fokus.


Kom geniet 'n vertoning vol treffers, staltjies en 'n goeie kuier!

DIRECTIONS

Reynardt Hugo @ Centurion Teater
Centurion Theatre
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions