Jan en die Boontjierank (Kinderteater)
Sat Jul 9, 10:30 - Sat Jul 9, 12:00
Centurion Main Theatre
ABOUT
Die Centurion Teater bied aan
Jan en die Boontjierank
'n Familievertoning VOL pret!
'n Jan maak altyd 'n plan! Hierdie Jan gaan 'n GROOT plan moet maak op sy REUSE avontuur! Die Centurion Teater in samewerking met die Scenario College Studentefonds bied 'n pantomime avontuur aan vol lekker-lag, pret en 'n onvergeetlike storie-kyk ervaring vir jonk ên oud!
Kom kyk hoe kry Jan se streke hom in die sop van 'n reus se pot, hoe drie bone 'n nuwe wêreld oopmaak en hoe lewenslesse soms in die vreemdste vorms kan kom. Help vir Jan deur sy avontuur, oorwin die reus en leer 'n les saam met die vertellers en karakters!
Word vervoer deur musiek, grappies en lekker-lag toneel! Hierdie produksie is nie een om te mis nie!
Datum: Saterdag, 9 Julie 2022
Tyd: 10h30
Kaartjies: R100 pp (kinders onder 3, kyk gratis).
Ten bate van die Scenario College Studentefonds.