Beginsels vir goeie familie-onderneming beplanning
Thu May 26, 18:30 - Thu May 26, 20:00
Red Ox Steakhouse
ABOUT
Gehoor: Sakelui
Tyd: Donderdagaand 18h00 vir stiptelik 18h30 tot 20h00
Plek: Red Ox Steakhouse - Schroder straat, Upington
RiG adviesdienste kondig met trots aan dat ons ‘n insiggewende gesprek oor familie-besigheidsbeplanning saam met prof Elmarie Venter aanbied vir sakelui in Upington. Willem Lategan van RiG en prof Venter deel waardevolle insigte oor onder meer:
· die proses van familie-besigheidsbeplanning,
· die regte van eienaars van familie-ondernemings,
· opvolgbeplanning, en
· die integrasie met boedelbeplanning.
Moenie die geleentheid mis nie en verseker jou plek deur aanlyn te registreer. Die koste beloop R100 per persoon en daar is ‘n beperkte aantal plekke beskikbaar. Registrasie vooraf is ‘n vereiste en sluit sodra al die plekke bespreek is.Gehoor: Sakelui
Tyd: Donderdagaand 18h00 vir stiptelik 18h30 tot 20h00
Plek: Red Ox Steakhouse - Schroder straat, Upington