Family friendly

Lig en Ritme Fees

Fri Aug 19, 15:00 - Fri Aug 19, 23:00

NG Tygerpoort

ABOUT

Hierdie jaar gebeur daar iets nuut, anders en groot! Maak jouself gereed vir 'n fees vol Lig en Ritme.


Ons vier die lewe! Ons beweeg! Ons dra die Lig in en deur ons!


Kom eet, kuier, speel, luister, kyk en voel! 


Vrydag, 19 Augustus 2022

NG Tygerpoort Kerkterrein

15:00 - 23:00


Hoogtepunte!


Kom slaan jou drom! 'n Eerste!


Kom toets jou ritme deur in 'n groep (ons gaan kyk hoe groot kan ons gaan!) te kom drom slaan. Die professionele span van Drum Cafe gaan ons vermaak met 'n "drumming" sessie waaraan jonk en oud kan deelneem!


'n Fees van ligte


Laat die Lig skyn! Die aand gaan oortrek wees met ligte. Jy kan 'n liggie koop en deelneem aan die aand se groot liggie-fees.


Rooksein


Die talentvolle Rooksein is besig om gehore reg oor die land met hul splinternuwe Afrikaanse musiek te bekoor. Hulle is bekend vir "Kyk na my hart", "Damlelielief" en hul nuwe enkelsnit "Genade Nader". Die trio bestaan uit Megan Danner, Dian André Maritz en Renier van der Westhuizen.


Sien hulle saam met hul volle "band" op die buitelug verhoog!


Op die verhoog


Jy kan uitsien na 'n paar verrassings op die verhoog deur die loop van die dag - weet jy wat is 'n Marimba....? 


Leon Gropp sal jou laat tuis voel en vermaak met 'n paar grappies en sy kitaar!


Smullekker etes!


Ons hou potjiekos-fees! Kom smul aan heerlike geure vanuit die gemeente se topgehalte potjiemakers se kookvernuf. 


Daar is ook Boerwors-rolle vir die kinders en die wat nog honger is.


Ander stalletjies sal sorg vir iets soet, iets nat en iets om aan te peusel.

DIRECTIONS

Lig en Ritme Fees
NG Tygerpoort
51 Henry Rd, Shere, 0084
Get Directions