Innibos Charl du Plessis Trio

Fri Jun 3, 18:30 - Fri Jun 3, 20:30

Christies@ 32 on Russel Gastehuis

ABOUT

As een van die mees unieke en herkenbaarste musikale ensembles in Suid-Afrika vandag, het die Charl du Plessis Trio bygedra tot herlewing in die gewildheid van crossover-musiek van Zeerust tot Zürich, Stellenbosch tot Sjanghai. Hulle het groot musiektoekennings gewen, insluitend ‘n Fiësta, 2 SAMA-toekennings en ‘n Ghoema vir Beste Instrumentale Album. Hierdie trio tree gereeld in Europa en Asië op, asook by groot musiekfeeste in Suid-Afrika. En nou kan Laevelders hulle in lewende lywe beleef in ? konsert uit die boonste rakke. Die trio bestaan uit Charl du Plessis op klavier, Werner Spies op basviool en Peter Auret op tromme. Die omvang van die Charl du Plessis Trio se musikale diversiteit is wat hul pogings werklik uniek maak. Hulle tree op in style wat wissel van klassiek, jazz, rock, pop tot selfs salsa, reggae en latynse musiek. Jou kaartjieprys sluit ‘n bord heerlike vernaperinge op die tafel in. Daar is ‘n kontantkroeg by die venue beskikbaar.

DIRECTIONS

Innibos Charl du Plessis Trio
Christies@ 32 on Russel Gastehuis
32 Russell St, Sonheuwel, Mbombela, 1201
Get Directions