Sielskos in die Skemer met Hannes van Wyk

Thu May 26, 18:30 - Thu May 26, 22:00

Centurion Theatre

ABOUT

Kom geniet SIELSKOS IN DIE SKEMER by die Centurion Teater met HANNES VAN WYK, gegrond op die inspirasie wat Hannes geput het uit die skryf van sy boek “Vroue na aan my hart”. Sy gesprekke raak aan mense se harte en emosies, maar sorg ook vir lekker lag en humor.


Kaartjies sluit 'n vingerete, bywoning vir die vertoning, 'n glas wyn en 'n heerlike kuier in die teater se pragtige KELDER in.


18h30 vir 19h00: Vingerete en Drankies voor en na die vertoning.

Kontantkroeg ook beskikbaar.


Meer oor Hannes:

Die akteur en Kwela aanbieder Hannes van Wyk, kuier weekliks in kykers se sitkamers en is vir jare al `n bekende gesig op televisie en op die verhoog. Ons het Hannes leer ken as Krynauw du Buisson in Egoli: Plek van Goud en daarna het

hy verhoogrolle in reekse op die kassie en ook op die verhoog ingeryg. Sy onlangse eenmanvertoning “ Sê groete vir ma” het by elke groot kunstefees in die land (asook plattelandse toere) gespeel voor uitverkoopte sale. Dit was `n

wegholsukses.


DIRECTIONS

Sielskos in die Skemer met Hannes van Wyk
Centurion Theatre
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions