Ray Dylan live by Kapstadt Brauhaus Langebaan
Thu May 5, 19:30 - Thu May 5, 20:45
Kapstadt Brauhaus Langebaan
ABOUT
Ray Dylan vier Theuns Jordaan en die liefde met nuwe enkelsnit.
"Ek het hierdie liedjie vir 'n groot mentor in my lewe, Theuns Jordaan, geskryf om op te neem wat hy nooit kans gekry het om te doen nie. Omdat dit goeie reaksie uitgelok het op konserte, het ek dit voor sy afsterwe opgeneem en om dit nou te kan vrystel, beteken vir my onsettend baie. As 'n mens mooi luister sal jy die Theuns-aanslag hoor", verklap die SAMA-bekroonde musikant en liedjie skrywer, Ray Dylan, oor sy nuutste enkelsnit wat pas vrygestel is en reeds besig is om soos 'n veldbrand te versprei.
Ray is al vir meer as drie dekades in die musiek bedryf doenig en is veral bekend vir treffers soos Hokaai Stoppie Lorrie, Dis Verby, Jessica, Hier binne klop 'n Boerehart, Angel-face, You're my Everything, Vir Ewig Jonk, Uitbasuin, Hier Teen jou Lyf en meer.
Tans werk hy aan twee nuwe albums wat hy binnekort wil uitreik en geniet hy dit om weer voor gehore te kan optree.
VIR EENS IN MY LEWE is 'n treffende liedjie wat twee top-kunstenaars se style kombineer en dadelik in jou kop vassteek. Dit nooi jou uit om saam te neurie en te onthou dat die lewe uitwerk soos wat dit moet.