Weg! Ry&Sleep Bull Run 2022 Ondersteunerskaartjies

Thu Oct 6, 10:00 - Sun Oct 9, 10:00

Vanwyksvlei Skougronde

ABOUT

Of jy nou jou pom-poms saambring of nie, ondersteuners is ook net so welkom by die Bull Run. Die rondjaag in die stof is nie vir almal nie (ons weet) en vir die wat wil kyk wat die deelnemers aanvang, en saam wil kuier, is hierdie die perfekte opsie.

As ondersteuner het jy dieselfde toegang tot die kampterrein as die deelnemers, dit sluit ook braaipakke in en toegang na die pan se toeskouers-area.


Hierdie jaar is daar 'n ekstra konsert wat ingesluit word in die kaartjieprys. Dit sal plaasvind om 14:00 op Vrydag 7 Oktober by die Van Wyksvlei skougronde terwyl die karre in die stof rondjaag op die rally-pad. Die konsert sal tot laat daardie aand aanhou.


So gaan stof maar jou pom poms af, leer 'n paar nuwe danspassies aan, en dan sien ons jou ook in Van Wyksvlei.


DIRECTIONS

Weg! Ry&Sleep Bull Run 2022 Ondersteunerskaartjies
Vanwyksvlei Skougronde
Vanwyksvlei, 8922
Get Directions