No under 16s

PLESIERENGEL - Die verhoogstuk

Thu Apr 21, 20:00 - Sun Apr 24, 16:30

Centurion Theatre

ABOUT

Verwerk deur Leon van Nierop vir die verhoog en gebasseer op sy bekroonde roman, Plesierengel (Tafelberg 2015). Die storie handel oor die karakter Tristan Hansen, ‘n prostituut, en die rede waarom hy hierdie rigting gekies en ingeslaan het.


Plesierengel debuteer by die Centurion Teater en sal op die planke wees vanaf 21 – 24 April 2022. 


In 2021 het die bekroonde teatervervaardiger Johan van der Merwe, die regisseur Lihan Pretorius en die akteur Ruan Wessels van Nierop genader en hierdie uitdaging aan hom gestel: vertel die verhaal weer ‘n keer, maar dié slag as ‘n eenmansverhoogstuk waarin die teks konsentreer op, nie alleen die tragiek van hierdie karakter en sy lot nie, maar unieke insidente, en sy verhoudings en besoeke aan vroue wat nog nie tevore in die romans vertel is nie. Nie alle besoeke aan vroue was seksueel van aard nie. Om die waarheid te sê... wat daar gebeur het, het werklik geopenbaar wie en wat Tristan Hansen is en hoe hy prostitusie met vroue benader het.


Hierdie produksie is die vrug van daardie ontmoeting tussen die vier - ‘n volledige deurpraat van die teks en produksie in Hazyview, en die idees wat daar rondgegooi is en uiteindelik op die verhoog te siene sal wees. Die drama is op die waarheid gebaseer (sekere name, ook Tristan Hansen s’n, is verander), en is sodanig aangepas dat dit nie bloot ‘n erotiese vertelling met ‘n aaneenskakeling van nodelose sekstonele te word nie, maar ‘n ondersoek na eensaamheid, weerloosheid, desperaatheid, behoeftes en die reuse- en onverwagse wendings wat Tristan Hansen se verhaal geneem het. Dit lewer ook sosiale kommentaar op veral die Afrikaner se benadering tot die seksuele. 



DIRECTIONS

PLESIERENGEL - Die verhoogstuk
Centurion Theatre
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions