EET KREEF! Herleef live by die Daisy Jones

Sat Mar 19, 17:00 - Sat Mar 19, 23:00

The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch

ABOUT

IMPORTANT INFO:

Please note that due to an issue with the new zoning laws in Stellenbosch the venue will not be selling any alcohol for the Eet Kreef! Herleef show this Saturday at The Daisy Jones. Please inform your guests.


You are more than welcome to BYOB (bring your own booze).

We will however have non-alcoholic beers, some delicious mocktails and all the mixers you could need on the menu and as always the pizza oven will be lit for those amazing wood-fired pizzas.


___________________________________


EET KREEF! bring nuwe lewe aan een van die mees ikoniese alternatiewe albums in Afrikaans.


Die ikoniese album deur Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band laat die kranse antwoord gee in hierdie huldeblyk en herinterpretasie van die satiriese dog salwende musikale meesterstuk - 30 jaar na die album oorspronklik uitgereik is.


Laudo Liebenberg (aKING) en sy stem soos gesmelte goud kom saam met Frank Freeman (sang en kitaar), Schalk van der Merwe (baskitaar), Sheldon Yoko (dromme) en Mikhaela Kruger (keyboard en sang).

Maar pasop as hulle agter die stuur van hierdie Alternatief-Afrikaanse osssewa inskuif.


EET KREEF! live by die Daisy Jones Bar op Sat 19 Maart 2022.

Deure: 17h00

Vertoning: 21h00

Kaartjies: R180 aanlyn of R200 by die deur.

Kos en drank beskikbaar by die venue.

First-come-first-served op sitplek.


“Ek het onlangs weer Johannes Kerkorrel se musiek herontdek en het gedink oor hoe vars en modern dit klink. Veral vir die tyd waarin dit vrygestel was. Dit was iets uniek in Afrikaanse musiek en dit staan vandag nog uit. Dis toe dat ek die idee kry om ’n Kerkorrel show te doen, maar ek wou nie ’n normale “tribute show” doen nie. Dit moes iets meer wees as net dit. Ek het oppad na ’n show toe saam met Arno Carstens dit aan Arno genoem toe sê hy “Wat van julle doen die EET KREEF! album?”. Dit was genoeg om my te oortuig om te begin om ’n groep bymekaar te sit vir die projek.” se Frank Freeman (kitaar & sang).


“Ons het van die begin af besluit om nie ’n “tribute show” te doen nie. Daar is nie rerig ’n punt daaraan nie. Ons wil die musiek nuwe lewe gee in die tyd waarin ons leef. So ja daar sal nuwe verwerkings wees, maar die elemente wat die album so ikonies maak sal definitief behou word. Ons probeer om ’n goeie balans te hou. Ek dink ons weergawe van “Hillbrow” wat op YouTube vrygestel is ’n perfektevoorbeeld van ons benadering.” voeg Frank


DIRECTIONS

EET KREEF! Herleef live by die Daisy Jones
The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch
33°52'57. 18°50'49, 6 8th Ave, Stellenbosch, 7615
Get Directions