Digitale Learning Community 3 Maart 2022 | Is 2022 in die moeilikheid? ‘n “toolkit” vir uitdagende tye!
Thu Mar 3, 09:30 - Thu Mar 3, 12:00
Event is online
ABOUT
Ekerk bied graag ons eerste Digitale Learning Community aan vir 2022. Ons nooi jou graag na hierdie gratis geleentheid toe op Donderdag 3 Maart 2022.
Ons tema die oggend is "Is 2022 in die moeilikheid? ‘n “Toolkit” vir uitdagende tye!"
Die afgelope paar jaar moes ons almal leer om vinniger aan te pas en met die onbekende te deel. Party het geleer om vinniger aan te pas en sien nou méér geleenthede raak as van te vore! Sommige het egter so vasgeval in die onbekendheid van die toekoms dat dit ingespoel het in hulle hoop in die hede.
Het ons hierdie selfde uitkyk van bekommernis vir 2022? Dink en voel ons 2022 is in die moeilikheid? Of speel ons saam met die span wat hoop en lig raaksien in 2022?
Kom spandeer die oggend van die 3de Maart 2022 saam met ‘n paar sprekers waar hulle, vanuit hulle eie speelvelde, vir ons ‘n “toolkit” vir 2022 aanmekaar gaan help sit.
Ons sprekers vir hierdie geleentheid is:
- Ilse Burden, bekende terapeut
- Dr Johan Smith, VitaAmp, Ritme en toeruster by skole, ouers, jeug
- Dr Roedolf Botha, sake- en kerkleier
- Dr Liezel Lüneburg, regsgeleerde en skrywer
- prof Stephan Joubert, ekerk, skrywer, teoloog
Tema: Is 2022 in die moeilikheid? ‘n “Toolkit” vir uitdagende tye!
Plek: Regstreeks deur middel van video (sodra daar geregistreer is sal 'n e-pos gestuur word met die skakel in asook jou unieke wagwoord om in te teken en saam te kyk die oggend. Indien jy nie die e-pos gekry het nie, asb kyk in jou spam of junk folder. Die oggend van die 3de Maart sal 'n sms gestuur word met dieselfde inligting om in te teken om saam te kyk die dag.)
Jy het net ‘n internet-konneksie nodig waar jy saam gaan kyk op video na die regstreekse uitsending van die dag. Die geleentheid is REGSTREEKS en die OPNAME GAAN SLEGS VIR 7 DAE NA DIE GELEENTHEID BESKIKBAAR WEES om weer daarna te kyk. Ongelukkig gaan die VBO punte slegs toegeken kan word indien die regstreekse uitsending die oggend bygewoon word. Neem asb kennis dat alhoewel dit 'n gratis geleentheid is, jy asb moet registreer om die skakel na die geleentheid te kry en so ook na die opname te kyk. Geen registrasie, geen toegang.*
Tyd: 9:30 – 12:00
Datum: 3 Maart 2022
Koste: gratis. Neem asb kennis dat registrasie vir die geleentheid sluit 3 Maart 2022 om 07:00.
Daar sal 5 VBO-punte toegeken word vir die bywoning van hierdie regstreekse leer geleentheid. Daar gaan slegs VBO punte toegestaan kan word indien jy geregistreer het en indien die regstreekse uitsending die oggend bygewoon word.
* Reg van toegang voorbehou deur ekerk direksie