Deon Meiring, Almero en Jako Meyer @ Floreal Brasserie, Marianne

Sun Mar 20, 15:00 - Sun Mar 20, 18:00

Floreal Brasserie at Marianne Wine Farm

ABOUT

Hulle het al opgetree op rockverhoë en in sitkamers, by groot feeste en intieme etes. Al drie se penne skryf lirieke wat soek na maniere om die lewe eerlik te verwoord. Almero, Deon Meiring en Jako Meyer span nou saam vir hierdie driegangvertoning.


Hierdie is ‘n keur uit elkeen van die drie se beste werk. Soms sing hulle saam, soms alleen en jy hoor ook van die stories wat die liedjies gemaak het.


Jako Meyer is die stem en skrywer agter Moses Metro Man en maak ook deesdae opgang met sy solowerk. Jy’t waarskynlik al probeer saamsing met liedjies soos “My hande” en “Lugballon” en agtergekom Jako kan gemaklik noot hou op plekke waar die meeste van ons sukkel. Jy sal hom ook van tyd tot tyd herken in sepies soos Binnelanders en 7de Laan.


Almero se naam is ook al gevestig in die Afrikaanse bedryf. Selfs al spreek almal nie sy naam dieselfde uit nie. “Vuurvas”, “Vloedverlief” en “Monochromie” is ‘n paar van sy liedjies wat jy sekerlik al geluister het wanneer jy oor alles nadink. Jy het hom ook al hoor sing saam met Bouwer Bosch en Danie Reënwolf.


Jy sal vir Deon Meiring ken as die ou wat vir Glaskas en Dans Dans Lisa sing en skryf. Sy jongste kortspeler se musiek was die klankbaan van die kykNET reeks Kompleks. Deon het ook saam met Koos Kombuis ‘n nuwe weergawe van Kombuis se tydlose “Bicycle sonder ‘n slot” daarvoor opgeneem. “Ek weet net nie”, “Bliksoldaat” en “Deur die Vallei” is van sy bekende liedjies wat jy al sou raakluister.

SPOTIFY