Family friendly

Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2022 - Ottosdal

Thu Mar 10, 08:00 - Thu Mar 10, 16:00

Ottosdal Skougronde/Showgrounds

ABOUT



LEES NOU AL EN STOOR DIE PROGRAMBOEKIE. KLIK HIER.


TROEF HOË INSETKOSTE OP DIE NATUUR SE MANIER


Is dit moontlik om die natuur in te span om goedkoper en winsgewender te boer, en kan dit ’n bietjie van die stres van kapitaalintensiewe boerdery verlig? Kom kry

antwoorde op hierdie vrae by Landbouweekblad se drie herlewingslandboukonferensies.


Dit was een van die grootste onlangse skokke vir die landbou: Die onverwagse en skerp styging in die koste van produksie-insette, met die pryse van alles van kunsmis tot gewasbeskermingsprodukte wat met dubbelsyfers geklim het. Skielik het boerdery soveel duurder geword, en die risiko het aansienlik gestyg omdat boere noodgedwonge hoër opbrengste moes najaag. Vandag is die kollig op maniere om duur insette die hoof te bied. Een van die vrae wat landboukenners hulself gereeld afvra, is of die natuur van die dienste kan lewer wat ons gewoonlik in ’n sak koop. By Landbouweekblad se drie herlewingslandboukonferensies kan boere kom kers opsteek by internasionale sprekers, by ander boere leer wat elke dag suksesvol herlewingslandboupraktyke toepas, en meer uitvind oor jongste navorsing oor dié opwindende veld. Hulle kan ook uitsien na boereproewe, praktiese demonstrasies van ultrahoëdigtheidsbeweiding en saam met kenners in die veld stap (Reitz-konferensie).


Dié konferensies is ’n moet vir enige boer wat goedkoper, winsgewender en lekkerder wil boer.


Sprekers sluit in:


Dr. Ademir Calegari – Internasionale sukses in 47 lande met dekgewasse en vee


Pablo Etcheberry – BOEREPERSPEKTIEF: My sukses met dekgewasse en ultrahoë-drukbeweiding


Prof. Johnnie van den Berg – Klimaatsverandering: Kyk anders na jou insekte


Mary Maluleke – Watter stelsel is die goedkoopste? ’n In-diepte rand-en-sentvergelyking van verskillende gewas- en veestelsels in somerreën-valgebiede


***Vir die volledige program klik hier


PLAASPROEWE


Gewasse: Grond- en wortelgesondheid; Jou chemiese en biologiese grondvrugbaarheidsbestuursopsies – dr. André Nel (agronoom), prof. Driekie Fourie (NWU) / dr. Gerhard du Preez (NWU) en Fritz Otto (iLink)

Dekgewasse en diere: Weidingstrategieë – Gerrie Trytsman (ASSET Research); dr. Ademir Calegari en Pablo Etcheberry


Boeregesprek: Internasionale en plaaslike bewaringsboere gesels – gefasiliteer deur dr. Hendrik Smith, ASSET Research


Middagete en braaipak (vir die aand) ingesluit.

Koop nóú jou kaartjie en ontvang ’n gratis intekening van DRIE maande op Landbou.com! Kom ontdek ’n wêreld van landboukennis!


Jou veiligheid is vir ons baie belangrik. In ooreenstemming met Media24 se korporatiewe beleid moet persone wat die konferensie bywoon wat nie ingeënt is nie ’n negatiewe Covid-19-toets (nie ouer as 72 uur nie) verskaf. Bring asb. ’n bewys hiervan saam. Daar sal ook mediese personeel by die konferensie wees wat teen R250 ’n Covid-19-blitstoets (antigeentoets) kan doen.


DIRECTIONS

Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2022 - Ottosdal
Ottosdal Skougronde/Showgrounds
Koster St, Ottosdal, 2610, South Africa
Get Directions