No under 18s

Hooglied Bokkie Stellenbosch

Fri Jan 28, 11:00 - Fri Jan 28, 21:00

To be announced

ABOUT

"So google maar jou antwoorde

en maak dit skriflesing sonder gebed

al die paaie wat jou google loop

is deur 'n God, wat jou van voor af

en juis vir jou, liefhet.

En net soos jy my omarm, omarm Hy jou ook..."

#HoogliedBokkie #Huiskonsert 


Hooglied Bokkie is 'n inspirasie show. Net soos nuwe liefde bot, blom en vrugte dra, is God se verhouding ook met die mens. Hy is passievol oor ons. Met hierdie show wil ek jou herinner dat jy moed kan skep en moed vir die toekoms kan hê. Die vertoning sluit 'n ligte maaltyd met iets soets agterna in, wat alles rondom 'n spyskaart van melk en heuning, vye en appels gebou is.

En ja die "Bokkie" is om bietjie gek te skeer met al die populêre Afrikaanse musiek, wat deesdae die rondte doen...

Hierdie vertoning vorm deel van 'n maandelikse Huiskonsert aanbieding, wat elke keer 'n ander tema, musiek en kunstenaars sal betrek. Moet dit nie misloop nie! Hierdie jaar gaan spesiaal wees.

"Ek glo God se skeppingswerk leef voort in elkeen van ons, musiek is my manier om daardie gawe te deel. Nou is dit jou werk om joune te ontdek en uit te leef!" Marthie

Groete

Marthie

*As jy jou eie kroon wil saambring is jy welkom- mense kan nooit goenoeg daarvan hê of dit te veel dra nie!


Hooglied Bokkie,

Stellenbosch Huiskonsert

11vm/7nm

Vry. 28 Jan 22

R250pp met ete

Navrae 083 767 2702 

[email protected]

of Quicket