Joshua na die Reën by die Daisy Jones

Wed Feb 23, 17:00 - Wed Feb 23, 22:00

The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch

ABOUT

Joshua na die Reën en sy band bring sy musiek na Stellenbosch, en dit gebeur by geen ander plek as The Daisy Jones nie.


"Ek sien uit om my stories en musiek-skryfwerk met julle te deel vanaf al 3 my albums asook 'n paar nuwes". Joshua na die Reën se wenresep is ’n versameling roerende sielsmusiek, wat jou nooi om jou hart oop te maak en saam te reis deur al die aspekte wat van jou mens maak. 

Kom kuier saam met hom en die band - Andy Maritz op dromme, Gerhard Bienedell met bass en Heini Berner agter die elektriese kitaar!


Woensdag 23 Februarie

Deure: 17h00

Show: 20h00

Kaartjies: R130 aanlyn of R150 bydie deur.


The Daisy Jones Bar at OMG

Summerhill Wine Estate

R44, Stellenbosch


First-come-first-served op sitplek so kom lekker vroeg om plek te hou.

Kos en drank beskikbaar by die venue.

Geen masker, geen toegang.


Meer oor die kunstenaar:

Joshua na die Reën se unieke musiekstyl en strelende stem boei luisteraars reeds sedert die eerste note van sy debuutalbum, Joshua na die Reën, in 2014 die radio en Afrikaanse musiekbedryf kom verower het. Ghoema-musiektoekennings vir Nuweling van die Jaar en Beste Kontemporêre Manlike Kunstenaar, asook ’n Huisgenoot Tempo-toekenning vir Beste Nuweling, ’n Woordfees-toekenning vir Beste Solo-Kunstenaar en temaliedjies vir verskeie flieks, televisieprogramme en -veldtogte, was maar net die begin van ’n suksesvolle loopbaan wat baie vinnig vlam gevat het. 

DIRECTIONS

Joshua na die Reën by die Daisy Jones
The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch
33°52'57. 18°50'49, 6 8th Ave, Stellenbosch, 7615
Get Directions