Tankwa Drome
Fri Mar 4, 17:00 - Sun Mar 6, 23:00
Place of Dreams (Pod)
ABOUT
‘n Feesviering van Afrikaanse kunstenaars en musiek, in die hart van die Tankwa Karoo.
Aangebied deur Place of Dreams (POD)
Place of Dreams (POD) is geleë op 3 700 hektaar ongerepte wildernis, in die hart van die Tankwa Karoo.
Tankwa Drome word hier in die POD berg-kloof aangebied, wat oor ‘n miljoen jaar oud is. Hierdie unieke opelug amfiteater bevat 'n groot natuurlike klipdam, ‘n waterval, 'n klipkroeg en 'n klipdansvloer.
Pak jou vellies, jou blikbeker en ‘n koelboks en kom geniet hierdie een keer in ‘n leeftyd, Afrikaans musiekvertoning onder die karoo sterre.
(POD is ongeveer 50 minute vanaf Ceres op die R356, Sutherland pad. Die afstand vanaf Kaapstad is 240 km. Besoek gerus die webwerf https://placeofdreams.co.za/ vir meer inligting)
Program:
Vrydag, 4 Maart 2022
21:00 | Refentsé
Saterdag 5 Maart 2022
11:30 – 15:30 | Makietie om die dam (by die POD “infinity” dam)
19:30 | Tasché
21:00 | Eet Kreef! Herleef (‘n huldeblyk aan die musiek van Johannes Kerkorrel en die gereformeerde Blues Band)
23:00 tot laat | Danspartyjie by die POD-partytjie bus in die kloof
Kunstenaars
REFENTSÉ
Kom ervaar hierdie SAMA-Topverkoper, vir ’n intieme konsert, onder die Karoo sterre.
TASCHÉ
TASCHÉ se talent is ongetwyfeld wêreldklas. Met haar unieke stem raak sy op 19 jarige ouderdom die eerste vroulike wenner van die realiteit TV-reeks, The Voice S.A. 3.
EET KREEF! HERLEEF
Laudo Liebenberg, akteur van verskeie TV en film produksies, asook hoofsanger van ‘A-King’ vat hande met Frank Freeman, Schalk van der Merwe, Mikhaela Kruger en Sheldon Yoko om na 30 jaar hierdie ikoniese album van ‘Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band’ te herdenk en nuwe lewe te gee.
Kamp Pakette
Liefling: R1 200 Per Persoon
- “Bring your own” opsie 1 by POD 2
Ingesluit:
· 1 x Feesganger kaartjie
· Kampeer plek by POD 2
· Volle ablusie fasilliteite
· Toegang tot ‘n gemeenskaplike bedoin tent
· Toegang tot braaifasiliteite (hout word nie voorsien nie)
Uitgesluit:
· Maak voorsiening vir jou eie tent, tent geriewe en skadu
· “Bring your own” kampeerders moet self-onderhoudend wees en inpak wat hulle glo hulle sal benodig, dit sluit ook in eie kos, verkoeling en kosmaak/kombuis toerusting.
Lisa Se Klavier: R1900 Per Persoon
- “Bring your own” opsie 2 by POD 1 (nader aan die hoof venue as POD 2)
Ingesluit:
· 1 x Feesganger kaartjie
· Kampeer plek by POD 1
· Volle ablusie fasilliteite
· Gemeenskaplike bedoin tent
· Toegang tot braaifasiliteite (hout word nie voorsien nie)
Uitgesluit:
· Maak voorsiening vir jou eie tent, tent geriewe en skadu
· “Bring your own” kampeerders moet self-onderhoudend wees en inpak wat hulle glo hulle sal benodig, dit sluit ook in eie kos, verkoeling en kosmaak/kombuis toerusting.
Neem asseblief kennis: Dat feesgangers wat wil gebruik maak van ‘n karavaan, motor-huis en/of motors met dak tente, hierdie opsie sal slegs beskikbaar wees by die “Lisa Se Klavier RV (Top Camp)” kampeerterrein.
Baby Ek Bly: R6400 (totaal vir twee)
- Semi-“glamping” opsie, tent onder skadu, reeds opgeslaan.
Ingesluit:
· 2 x Feesganger-kaartjies
· 1 x Koepel tent, reeds opgeslaan, onder skadu (slaap 2)
· Matrasse (1 x dubbel of 2 enkel)
· Gemeenskaplike elektrisiteits punt en ligte
· Toegang tot gemeenskaplike kombuis, met 'n yskas, stoof, oond en mikrogolf, asook kook- en eetgerei
· Toegang tot braaifasiliteite (hout word nie voorsien nie)
Uitgesluit:
- Geen beddegoed of handoeke
Die Reisiger: R8400 (totaal vir twee)
- Voluit-“glamping” opsie - Bring die gemak van jou eie tuiste na die karoo
Ingesluit:
· 2 x Feesganger-kaartjies
· 1 x luukse koepel tent (slaap 2)
· 1 x dubbel bed met ‘n matras OF twee x enkel beddens met matrasse
· Kussings, paslaken, en kombers (Geen Handoeke)
· Beligting, bedlampies, bedkassies en kragpunte.
· Toegang tot gemeenskaplike kombuis, met 'n yskas, stoof, oond en mikrogolf, asook kook- en eetgerei
· Toegang tot braaifasiliteite (hout word nie voorsien nie)
· Toegang tot 'n gemeenskaplike onthaal area, 'n tafel, en twee stoele per tent.
Spyseniering
· ‘n kontant kosstalletjie sal die hele naweek beskikaar wees vir feesgangers om heerlike kos te bestel vir ontbyt, middagete asook aandete.
· Feesgangers is ook welkom om hulle eie kos en drank saam te bring. Beide POD1 asook POD2 het ‘n volle toegeruste kombuis vir diegene wat sal verkies om hulle eie maaltye te voorsien.
· POD1 het ‘n groot gemeenskaplike braai-area, waar gaste enigetyd ‘n lekker tjop op die vuur kan gooi (braaihout moet self voorsien word.)
Besprekings en algemene navrae, kontak ons gerus:
- Gerry: 083 275 7019
- Avril: 082 738 6102
- E-pos: [email protected]