Family friendly

Paarl: Lollos Reënboogstories

Sat Dec 11, 10:00 - Sat Dec 11, 11:00

Strooidakkerk

ABOUT

Die Lollos span besoek PAARL met hulle opwindende nuwe vertoning, genaamd Reënboogstories!"


MEER OOR DIE VERTONING:

Lollos se gunsteling kleur is Blou! Disco hou baie van Groen en Geel. Karla is MAL oor Rooi en natuurlik is Lettie se heel beste kleur: Pienk! In hierdie episode van Lollos en Lettie se manewales ontdek die span al die kleure van die Reënboog. Met elke nuwe kleur ontdek hulle ook ’n nuwe storie en met elke nuwe, opwindende storie leer hulle ietsie nuuts. Uiteindelik leer Lollos en Lettie dat elke kleur sy eie spesiale plekkie in die Reënboog het - en dit is eers wanneer al die kleure bymekaar kom dat die Reënboog kan skitter en skyn. 


Soos oudergewoonte van Lollos, is hierdie reënboog-avontuur ook propvol interaktiewe pret, grappies en baie danspassies wat enige kindergehoor op hulle voete sal hou en laat skaterlag van die begin tot die einde.


Dit beloof om een groot belewenis te wees vir die kinders; en die ouers sal dit ook geniet. Dis die perfekte geleentheid om ‘n lekker tyd saam met jou gesin te spandeer. Jy mag dit nie mis nie!


Maak seker jy stoor ons kontak nommer op jou selfoon, om op hoogte te bly van enige verwikkelinge - 065 298 3864.

 

KAARTJIES:

*BEPERKTE KAARTJIES IS BESKIKBAAR & COVID REGULASIES GELD

*Kaartjies is slegs beskikbaar op Quicket teen R100pp. Sien verskeie betaalopsies.

*Ouers en kinders betaal ongeag ouderdom. Babas onder 12 maande is gratis, maar vanaf 1 jaar val hulle binne die Lollos handelsmerk se teikenmark en benodig dus ‘n kaartjie. Elke persoon wat die vertoning bywoon moet egter ‘n kaartjie hê.

*Ons doen ongelukkig geen terugbetalings nie. Indien ons genoodsaak word om die vertoning aan te skuif weens Covid regulasies, sal u kaartjies geldig wees vir die nuwe datum.

 

WANNEER / WAAR:

Die vertoning sal plaasvind in die mooie PAARL, SATERDAG, 11 Desember 2021 om 10:00 by die Strooidakkerk se saal (163 Main rd, Hoog-en-Droog).


SITPLEKKE:

Piekniekstyl - u is welkom om 'n kombersie te bring om op te sit. Met ons vorige vertonings het ons ondervind dat ouers eerder verkies om saam met hulle kinders op die grond te sit, terwyl hulle kan spring en dans. Daarom sal daar slegs enkele stoele uitgepak word.


LOLLOS PRODUKTE:

Neem asb kennis dat Lollos produkte op die dag van die vertoning verkoop sal word en nie vooraf saam met jou kaartjies nie. Neem ook kennis dat Kindervermaak Suid-Afrika as organiseerder, geen beheer het oor watter items op die dag beskikbaar is nie; daar is gevalle wanneer van die items soms uit voorraad is en dan nie deur die derde party aan ons gestuur is nie. Daar is ook ‘n moontlikheid dat daar ander nuwe produkte sal wees. 

 

ANDER:

‘n Vertoning is ongeveer 45 minute lank en bestaan uit 4 karakters. As gevolg van Covid, sal geen fotos na die tyd saam met die karakters geneem word (soos wat voorheen die gedoen is nie).


TERME:

Wanneer u ‘n kaartjie koop, stem u outomaties in tot hierdie voorwaarde en reëls:

*Covid regulasies geld.

*Elke kindjie is sy ouer/s se verantwoordelikheid. Daar is honderde kindertjies by die vertonings en dit is vir ons onmoontlik om na almal om te sien. Indien u nie self die vertoning saam met u kind wil bywoon nie, moet u ‘n alternatiewe voog / persoon saamstuur wat verantwoordelikheid neem vir u kind/ers. 

*Dit is elke ouer/voog se verantwoordelikheid om seker te maak dat sy/haar kind nie tydens die vertoning op die verhoog klim nie. Die karakters is in kostuum en kan nie altyd mooi daardeur sien nie. Daar is dus 'n groot moontlikheid dat kinders baie seer kan kry en ons wil dit verhoed. Dit onderbreek ook die vertoning en ontwrig die vloei wanneer kinders eers van die verhoog verwyder moet word vir veiligheidsredes. Ons is bewus dat die kinders vreeslik opgewonde is om hul gunsteling karakters uit Lalaland 'n drukkie te gee, maar daar sal weer na die vertoning geleentheid hiervoor wees.

*Almal se temperatuur sal geneem word en 1 persoon uit 'n groep moet hul besonderhede op die gegewe kontrole lyste neerskryf.

*Kinders onder 6 jaar hoef nie 'n masker te dra nie.

*Kaartjiehouers gee toestemming aan Kindervermaak om hulle te kontak rakende kindervertonings in die area.


KINDERVERMAAK:

Om op hoogte te bly van TOP Kindervermaak in jou omgewing, like ons nasionale FB blad: www.facebook.com/kindervermaaksa

Volg ons op INSTAGRAM vir oulike plasings, wat waar gebeur en ander prettighede: @KindervermaakSA

Vir enige navrae, kontak ons gerus by [email protected] / 065 298 3864 / 082 410 7682


Sien julle daar!

DIRECTIONS

Paarl: Lollos Reënboogstories
Strooidakkerk
163 Main Rd, Hoog-En-Droog, Paarl, 7646
Get Directions