Stoomstories Kabaret

calendar
Fri Feb 14, 19:00 - Fri Feb 14, 23:00
location
Private residence.

About

Tema:

STOOMSTORIES illustreer hoe belangrik en gesond dit is vir ons almal om gereeld "STOOM” af te blaas. Die kreatiewe vrylating en aflaai van opgekropte emosionele bagasie, asook die bevryding van ons lewensverhale, stories, liedjies en legendes, het self-genesing tot gevolg, nie net van die kunstenaar, skrywer of komponis nie, maar ook elke persoon in die gehoor wie kan identifiseer met die inhoud. STOOM word in hierdie kabaret vrygelaat op 'n metaforiese stoomtrein-stasie.Die sentrale bron van bagasie is 'n ou groot vintage koffer op die verhoog.


Inhoud:

Die inhoud behels erotiese, romantiese, melancholiese asook politieke bagasie, asook

moderne menswees - dramas en dilemmas. Prikkelende en komieklike gehoor-interaksie tussenin, verseker dat toeskouers intiem deel word van hierdie stomende toltreinreis.


Styl:

Stoomstories Kabaret is ‘n eklektiese samesmelting tussen die histories- romantiese “Steampunk” genre se waardestelsel en voorkoms met die futuristiese “Cyberpunk” genre en musiek.

Ou-skool Akoesties ontmoet Elektronies in hierdie meesleurende produksie.


Kunstenaars:

Marié Beytell aka Afrikavrou :

Lirieke en sang.

Leon Sonic Terrorist Erasmus:

Komponis, musiek-produksie en kitaarspel.

Marié en Leon verenig hulle onderskeidelike liefde vir Steampunk en Cyberpunk in hulle groepsnaam Oerknal Kamikaze. Marié verteenwoordig Gaia se dramatiese skeppings-gebeurtenis, die Oerknal/The Big Bang, en Leon, met sy "punk rock roots", verteenwoordig die dramatiese einde : die onvermydelike Kamikaze van als wat leef en beef. Die twee genres dans in en om mekaar, die nimmereindigende siklus van geboorte en dood.


Span:

Regie: Swannie Swanevelder.

Klank en logistiek : Daunn Wilsenach.

Décor: Bokka du Toit: 073 450 5151

Borge: Sinderella Costume Hire:

Rasnil : 071 351 6333

Lola Montez: Sharon Gordon : 083 604 0477

Sound Decision: Spesiale effekte en ligte.

Cedric Novello: 082 373 4735

Venue : Jean Martins : 082 949 9449

Ontwerp : Logos & Plakkate ontwerp deur Riaan Jacobs IRONBEAR: 079 896 8693

Info: Marié : 083 448 4737


Verdere Detail:

KOSTE : R150 pp

INFO: Marié : 083 448 4737


Facebook : https://facebook.com/events/s/stoomstories-kabaret/371694080370241/?ti=cl

Twitter Feed

Organiser

How can we help?