Paddanag in Pretoria 2021

Sat Dec 4, 17:00 - Sat Dec 4, 23:00

Krokodilspruit Skietbaan, Pretoria

ABOUT

Kom kuier saam by Paddanag in Pretoria 2021 op 4 Desember.

Die hele gesin is welkom! Bring gerus vriende en familie.

Ons Paddanag vind plaas by Krokodilspruit Skietbaan en is elke jaar die hoogtepunt van mense se kalender.

Pret word gewaarborg!

Alle ouderdomme welkom.

Gratis vir kinders onder 3.



Jy kan saambring:

  • Waterskoene (nie plakkies)
  • Koplampie
  • Muskietweerder
  • Moontlik 'n baadjie of warm item
  • Piekniekmandjie as jy wil
  • Jy kan ook kontant saambring want die perseel het 'n kantien waar jy heerlike kos en drinkgoed kontant kan koop.


Let wel:

Hierdie geleentheid is samehangend met weersomstandighede.

As dit reën GAAN ONS BESLIS VOORT.

Die praatjie ens vind onderdak plaas en geriewe is uiters geskik vir lekker kuier en selfs piekniek hou.

Slegs swaar donderweer en weerlig sal verhoed dat ons die vlei besoek, maar dit is uiters selde.

Geen gelde terugbetaalbaar.

Kinders moet te alle tye vergesel wees van 'n ouer of toesighouer.

Die aanbieder en Krokodilspruit aanvaar geen verantwoordelikheid vir toesig en veiligheid van kinders nie.

Die terrein is veilig en skoon.

Volledige badkamerfasiliteite.