Mathys Roets live at The Daisy Jones

Sun Nov 7, 14:00 - Sun Nov 7, 19:00

The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch

ABOUT

Hiermee word jy hartelik uitgenooi na 'n vertoning van Mathys Roets by Die Daisy Jones in Stellenbosch.

Kom geniet van sy nuwe musiek saamgesnoer met ou bekendes vir ‘n heerlike aand van vermaak in ‘n intieme omgewing.

 

Sondag 7 November

The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch

Deure maak 14:00 oop

Vertoning begin 17:00

Beperkte kaartjies beskikbaar aanlyn by Quicket teen R150 | R180 bydie deur


Kos en drank beskikbaar by die venue.


First-come-first-served op sitplek so kom lekker vroeg en spandeer die middag op die stoep op die beeldskone Summerhill Wynplaas tussen die wingerde in afwagting van Mathys se optrede om 17h00 op die binne verhoog.


Geen masker, geen toegang


In tipiese Mathys Roets-styl is elke vertoning met diepte en warmte gevul. Wat hierdie vertoning so spesiaal maak is die samevloei van die digkuns en musikale vernuf. Elke lied kry dit reg om jou met nostalgie te laat terugdink aan spesiale oomblike uit ’n ander lewe. Dis asof liriek en melodie saamspan om jou te laat ontvlug na alles waarvan jy reeds vergeet het.

 

Saam met enige Mathys Roets vertoning, kan jy altyd uitsien na ou bekendes en nou ook die splinternuwe Leonard Cohen lied, “Thanks for the Dance”.

 

Kom luister na die sagte Reën, of Bertus se koolstoof wat sing totdat Klaasvakie kom oorneem. ‘n Sprokie oor ons land en stories van Grasade en Katedrale. Kom reis saam as die trein vertrek van die Stasie in die skemer. Cohen sê dankie vir die laaste dans. Daar is altyd ‘n nuwe begin al dink jy Waantoe nou. Maar jy bly steeds die reën, die sagte reën oor die veld en appelblaarboom wat bot. 

DIRECTIONS

Mathys Roets live at The Daisy Jones
The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch
33°52'57. 18°50'49, 6 8th Ave, Stellenbosch, 7615
Get Directions