Bok van Blerk live by Kapstadt Brauhaus Langebaan

Tue Nov 16, 19:30 - Tue Nov 16, 20:45

Kapstadt Brauhaus Langebaan

ABOUT

15 jaar gelede het Bok van Blerk een van die grootste snitte in Afrikaans vrygestel. Die oomblik toe Del La Rey die klankgolwe getref het, het hy die hele land aan die gons gehad. Vir Afrikaanse mense het dit ‘n gevoel van trots aangewakker. Dit het vir Bok van Blerk gevestig as een van die grootste name in die Suid Afrikaanse vermaaklikheids-wêreld. Om die groot herdenking te vier het Bok van Blerk besluit om ‘n nuwe snit uit te reik wat vertel wie Suid Afrikaners vandag is. Die snit heet, Dis Wie Ons Is. Hierdie enkelsnit is geskryf deur drie baie talentvolle individue, naamlik Christoph Kotze (Appel), Arnold Coleske en Bok van Blerk self. Dit is dus veilig om te sê dat dit sonder twyfel 'n toptreffer sal wees. Bok van Blerk se vorige album "Hoor Ons!" (2019) soos “Die Land”, “Was”, “Land en Strand”, “Blouwildebliksemsfontein” en “Voetspore” is steeds op Apple Music se Top 200 Singles Afrikaans-kaart en die album is nommer 7 op die Afrikaanse Album-kaart. Bok van Blerk is 'n gunsteling onder die Afrikaanse gehoor en is bekend daarvoor dat hy massiewe enkeltreffers met 'n lang lewensduur vrystel. "Dis Wie Ons Is" sal nie anders wees nie.

DIRECTIONS

Bok van Blerk live by Kapstadt Brauhaus Langebaan
Kapstadt Brauhaus Langebaan
1 Mykonos Access Rd, Mykonos, Langebaan, 7357
Get Directions