JENNIFER ZAMUDIO: TWINTIGEENENTWINTIG

calendar
Sat Nov 27, 19:00 - Sat Nov 27, 21:00
location
Centurion Theatre

About

Sat, 27 Nov 2021

19h00

Centurion Teater



TWINTIGEENENTWINTIG is ‘n samestelling van Jennifer se gewildste liedjies wat deur die grendeltyd mense laat saamkuier het, elke Donderdagaand, op haar Facebookblad. Met haar lae alt stem en natuurlike Weskus humor het sy vinnig harte gesteel, en het die afgelope 18 maande amper 30 000 nuwe volgelinge op haar Facebookblad ryker geword.

Die verhoog is Jennifer se speelplek en haar grootste passie, sy leef haarself uit in elke liedjie wat sy sing. Sy borrel oor van energie en haar “maak dit net lekker” leuse spreek boekdele. Met hierdie konsert gaan die gehoor Jennifer Zamudio in lewende lywe kan beleef, op ‘n regtige verhoog en nie op die skerm van ‘n foon nie. Haar musiek bestaan uit sielvolle ballades, lekker dans treffers en hier en daar iets met ‘n tikkie humor.


Die TWINTIGEENENTWINTIG konsert is ‘n 80 minute vertoning wat gevul is met tonne vermaak uit die boonste rakke!


Sosiale Media:

Facebook Page : https://www.facebook.com/JenniferZamudioSA/

Instagram : https://www.instagram.com/zamudio_jennifer/

Twitter : https://twitter.com/Zamudio_SA

Additional information

Age restriction Family friendly
Refund policy Refunds allowed (view policy)

Location

JENNIFER ZAMUDIO: TWINTIGEENENTWINTIG
Centurion Theatre
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions Get Directions

Organiser

How can we help?