DIE DANS Kort Film Deel 2

About

Hi, ek is Lukas Potgieter. Ek is n 18-jarige wat pas n kort film geskryf het en vervaardig het met die naam DIE DANS wat tans goed doen onder die publiek.


Met die sukses van deel 1 van Die Dans kort film wil die mense graag sien wat volgende gaan gebeur. Nou weens verkorte begrotings kan ons nie die 2de gedeelte doen nie en ons nader nou die publiek om deel te word van hierdie wonderlike projek.


Elke donasie sal gebruik word om kostes te dek soos vervoer vir cast en crew na en van locations af, props en ligte wat benodig word vir die tydperk, hare en grimering vir die cast asook die verversings en bemarkings kostes. Alle kostes is reeds uitgewerk en sal betaal word aan die benodighede vir film.


Die storielyn is reeds ontwikkel en gaan vir die mense op hulle voete hou met n lekker tense storielyn. As almal gedink het deel 1 was goed, dan sal hulle beslis van deel 2 hou. Meer drama, meer karakters en meer pret ook.


Elke persoon of besigheid wat n donasie gee of skenk gaan ons op die credits lys sit as deel van die borge. Elke besigheid gaan ook vir 3 maande gratis bemarking kry vanaf ons maatskapy LCP PRODUCTIONS. Almal sal die nodige krediet kry vir al hulle hulp in die maak van die 2de gedeelte van die film. Hy sal dan ook deur gestuur word vir KykNET in 2022 om daarop te wys.


Ons vra die publiek om asseblief ons te ondersteun. Alle akteurs wat gebruik word is opkomende akteurs wat graag hulle voete wil vind in die bedryf. Help ons om hulle verder te help en om nog langer vermaak vir julle te gee.


Trailer link:

http://youtu.be/CtuNeuX6gjs


Kort Film deel 1 link:

http://youtu.be/E9YgUvhZJWM

Additional information

Refund policy No refunds

Organiser

How can we help?