Family friendly

Karoo-Kersfees

Thu Nov 25, 19:00 - Fri Nov 26, 20:10

Surval Boutique Olive Estate, Oudtshoorn

ABOUT

Karoo-Kersfees

Coenie de Villiers, met spesiale gas Deon Meyer


Deon Meyer en Coenie de Villiers se Karoo Suite-produksies het gehore dwaroor die land gaande gehad. Die twee meesters (en Karoo-liefhebbers!) het spesiaal vir die KKNK ‘n vroeë Kerskonsert saamgestel om die Kersgety mee in te wy. Coenie skuif ná bykans twee jaar weer agter die klawers in met ‘n Karoo-program wat nie net aan die landstreek hulde bring nie, maar ook die Kerstyd en Sy geboorte gedenk. Deon Meyer sluit as gas by hom op die verhoog aan en hulle besing die Karoo, die sterrenag – en veral daardie één sterrenag duisende jare gelede ...


Vermaak vir die hele gesin


Waar: Surval Boutique Olive Estate, Oudtshoorn

Wanneer: 25 en 26 November om 19:00

Tydsduur: 70 minute


’n Karoo-Kersfeeskonsert onder die sterre. In die Karoo. Ná al die maande van pandemie, inperkings en beperkings. Dit gaan manjefiek wees! - Deon Meyer

 

Uiteindelik kan ons weer optree! Boonop kan ons dit doen onder die sterre in die Karoo. Kom deel die Kersfees-gees met ons – dit sal ‘n voorreg wees om weer ‘n gehoor te kan sien … - Coenie de Villiers

DIRECTIONS

Karoo-Kersfees
Surval Boutique Olive Estate, Oudtshoorn
R328 & Cango Caves Road, Oudtshoorn, 6620
Get Directions