Karoo-Kersfees
Thu Nov 25, 19:00 - Fri Nov 26, 20:10
Surval Boutique Olive Estate, Oudtshoorn
ABOUT
Karoo-Kersfees
Coenie de Villiers, met spesiale gas Deon Meyer
Deon Meyer en Coenie de Villiers se Karoo Suite-produksies het gehore dwaroor die land gaande gehad. Die twee meesters (en Karoo-liefhebbers!) het spesiaal vir die KKNK ‘n vroeë Kerskonsert saamgestel om die Kersgety mee in te wy. Coenie skuif ná bykans twee jaar weer agter die klawers in met ‘n Karoo-program wat nie net aan die landstreek hulde bring nie, maar ook die Kerstyd en Sy geboorte gedenk. Deon Meyer sluit as gas by hom op die verhoog aan en hulle besing die Karoo, die sterrenag – en veral daardie één sterrenag duisende jare gelede ...
Vermaak vir die hele gesin
Waar: Surval Boutique Olive Estate, Oudtshoorn
Wanneer: 25 en 26 November om 19:00
Tydsduur: 70 minute
’n Karoo-Kersfeeskonsert onder die sterre. In die Karoo. Ná al die maande van pandemie, inperkings en beperkings. Dit gaan manjefiek wees! - Deon Meyer
Uiteindelik kan ons weer optree! Boonop kan ons dit doen onder die sterre in die Karoo. Kom deel die Kersfees-gees met ons – dit sal ‘n voorreg wees om weer ‘n gehoor te kan sien … - Coenie de Villiers