Family friendly

Jannie du Toit: Doep is nie dood nie (Kunstefees in die Kleine)

Sat Oct 30, 15:00 - Sat Oct 30, 17:00

Centurion Theatre

ABOUT

Doep is nie dood nie

Tjello: Susan Mouton

Klavier: Chanie Jonker

Koos du Plessis se onsterflike liedjies asook van sy gedigte en tekste.

Dit is ’n herwaardering van sy werk en stel ook van sy minder bekende materiaal bekend. Meer as 30 jaar na sy afsterwe word dit duidelik hoe lewend en relevant sy siening van die lewe steeds bly, hoe treffend sy liedkuns. Jannie du Toit, ’n groot vriend van Du Plessis, sit hiermee sy werk voort om Koos se musiek by ’n volgende geslag te laat voortleef.


As dit gedaan is en verby, die aarde weer sy erfdeel kry, sal hierdie kluisenaar in my nog iewers in ’n boekrak bly.” Só het Koos du Plessis geskryf oor sy eie verganklikheid. Sy werk is deur uiteenlopende kunstenaars – van rockers tot popsangers en a capella-kore, troebadoers en instrumentaliste – ontgin. Hy het nie tot ’n “boekrak” beperk gebly nie maar sy geskrifte, liedjies en tuisopnames het uitgekring na CD’s, DVD’s, boeke, sangbundels en veel meer. Dit word gesing by braaivleise, konserte, kunstefeeste en kerkdienste. Koos du Plessis leef in sy musiek – in sy ryk nalatenskap.

 

Alle liedere en bindtekste: Koos du Plessis

Musiekregie en verwerkings: Clinton Zerf

DIRECTIONS

Jannie du Toit: Doep is nie dood nie (Kunstefees in die Kleine)
Centurion Theatre
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions