FREE OPTIONS
Family friendly
Oggenddiens op 12 September 2021 om 09:30 by Corpus Christi Panorama
Sun Sep 12, 09:30 - Sun Sep 12, 11:00
Corpus Christi Panorama Ouditorium
ABOUT
Baie welkom by die besprekingsvorm vir ons oggenddiens op dv Sondag 12 September 2021 om 09:30.
CC Kids vind in die saal plaas tydens die diens.
Bespreek so gou moontlik jou sitplek, want ons mag ongelukkig net 50 mense in die ouditorium en 50 kinders in die saal huisves.
Tyd en proses voor diens
- Arriveer asb 15 minute voor aanvang van die diens sodat jou temperatuur geneem kan word.
- Gesinne mag bymekaar sit.
- Daar is 1 plek per kaartjie dus moet jy vir elkeen wat gaan bywoon 'n kaartjie bespreek.
- Sitplekke sal afgemerk word sodat ons die voorgestelde afstand van 1.5 m kan handhaaf.
- Onthou asseblief jou masker.
- Wanneer jy n kaartjie bespreek sal jy n paar COVID-19 'screening' vrae moet beantwoord.
- Jy sal die antwoorde moet bevestig wanneer jy die diens bywoon.
Dit sal baie lekker wees om saam met jou te kuier!
Covid simptome
- As jy enige van die Covid 19 simptome het of indien jy in kontak was met iemand wat wel Covid het, bly asseblief eerder tuis om ander te beskerm.
Aanlynuitsending
- Lidmate wat 'n hoë risiko is word versoek om eerder die diens elektronies te volg.
- Die diens word regstreeks uitgesaai, sodat lidmate wat nie die diens kan bywoon nie dit op Facebook en Youtube kan volg – die diens sal ook later gekyk kan word.
- As jy teen die Saterdag agterkom dat jy nie die diens Sondag gaan kan bywoon nie, laat weet asseblief via WhatsApp sodat iemand anders in jou plek kan bywoon.
Facebook: Corpus Christi Panorama
https://www.facebook.com/corpuschristipanorama
Youtube: Corpus Christi Panorama
https://www.youtube.com/channel/UCktC_UbIVVcM7G6-dw_OdjA
DIRECTIONS
Oggenddiens op 12 September 2021 om 09:30 by Corpus Christi Panorama
Corpus Christi Panorama Ouditorium
78 Uys Krige Dr, Panorama, Cape Town, 7500
Get Directions