Family friendly

Rachmaninov Nagwaak (All-Night Vigil) in Afrikaans

Sat Sep 18, 19:00 - Sat Sep 18, 20:30

Christ Church Somerset West

ABOUT

Die musiek:

Hierdie a capella werk van ongeveer ’n uur bestaan uit 15 bewegings en word slegs vir die tweede maal ooit in Afrikaans uitgevoer. Die oorspronklike werk (in  Russies) is in 1915 komponeer en is gegrond op tekste uit die Russies-Ortodokse kerk nagwaakseremonie. Dit sluit 3 vorme van sangspraak ("chanting") in en is hoofsaaklik vierstemmig, alhoewel sekere bewegings uitbrei tot 'n elfstemmige harmonie. Die begeleiding deur sangsoliste kan ook waargeneem word.


Die Afrikaanse vertaling is oorspronklik deur Helené Dippenaar gedoen, met die eerste uitvoerings hiervan deur Leon Starker en sy koor, Pro Cantu, in 2010.


Die koor:

Koorinsident is gevorm uit lede en oudlede van verskeie kore in die Stellenbosch/Kaapstad omgewing (Stellenbosch Madrigaalsangers, Canticum Novum, Stellenbosch Universiteitskoor, Schola Cantorum, en meer) en staan o.l.v. David Wolfswinkel.


Soliste: Vasti Zeeman-Knoessen en Nathan Zachary Lewis.


COVID-19 maatreëls:

COVID-19 maatreëls sal by alle uitvoerings toegepas word. Neem wel kennis dat die koor sonder maskers sal optree. Gehoorgetalle word dus dienooreenkomstig beperk, en sal aangepas word soos nodig. 

DIRECTIONS

Rachmaninov Nagwaak (All-Night Vigil) in Afrikaans
Christ Church Somerset West
Helderberg College Rd & Old Stellenbosch Rd, Helena Heights, Cape Town, 7130
Get Directions