'n Blom in Elke Vrou - Volledige Première: Petronel Baard en Orkes LIVE Kubervertoning
Fri Jul 9, 10:00 - Fri Oct 29, 10:00
Event is online
ABOUT
Kubervertoning: Kyk tuis saam met jou gesin.
Die première van Petronel Baard se splinternuwe produksie "’n Blom in Elke Vrou" was ’n indrukwekkende geleentheid wat op Vrydagaand, 11 Junie 2021 by ArtSpace regvoor die karveel in die Dias Museum op Mosselbaai plaasgevind het.
Die talentvolle Petronel Baard, met haar orkes - Franco Engelbrecht op klavier, Lelane van der Merwe op tjello en Johan Engelbrecht op viool, kitaar en perkussie - het ’n uitmuntende produksie opgetower wat alles oorspronklike musiek bevat wat deur Petronel se pen gevloei het.
“Soos daar ’n blom is in elke vrou, is daar ’n blom in elkeen van ons. Soms voel ons ontwortel. Soms is dit net die kaal takke van ’n winterboom wat moedig soos ’n skip sonder seil die lewensreis trotseer. Daarom gaan ons op ’n poëtiese reis deur seisoene, op soek na die wortels waar ons geplant staan, en waarmee ons groei.” - Petronel Baard
Petronel sê sy het inspirasie uit Madine Swart se boek, Flora se Geheime Taal geput, en sy maak ook gebruik van Mardene Marais van Cordis Trust se gedigte.
Die teks is saamgestel met insae van tuinboukundige, Ernst van Jaarsveld en plantaktivis, Jan Odendaal van GreenforlifeSA. Dit word aangebied met musiek in ’n lig-klassieke formaat.
Die verhoogontwikkeling, kostuums en dekor word deur Alta Scott van Deur-die-Blare-blommekuns hanteer. Die projek is ’n netwerkontwikkeling van veral vroue-entrepreneurs wat ook borge van die geleentheid is.
Tydsduur: 1 uur en 20 minute