Family friendly

Sê groete vir Ma

Thu Jul 15, 18:00 - Wed Aug 18, 23:00

Event is online

ABOUT

Sê groete vir Ma


’n Verfilmde teaterstuk (drama)


Met Hannes van Wyk

Teks: Desiré Gardner

Regie: Sandra Prinsloo

Verghoogbestuurder: Diaan Hanekom 

Vervaardiger: Artist Warehouse CC

Aanlynproduksie: Geoff Butler


Taal: Afrikaans

Ouderdomsbeperking: Die hele gesin, met ouerbegeleiding

Tydsduur: 60 minute

 

Reghardt Roberts van Aswegen se hele lewe, menswees en bestaan draai om die vrou wat hom in die lewe gebring het. Dit is ’n drama waar die lag en die traan baie naby aan mekaar lê. Die band tussen ’n ma en haar kind, hulle lewensreis saam, die pyn en die onvermydelikheid van oudword en hoe ons soms ons grootste foute kan verdedig, omdat dit uit liefde gedoen is. Dis ’n tipe knop-in-die-keel-, tong-in-die-kies-kykie na die dinge waarmee die meeste mense hulle kan vereenselwig, en uiteindelik die een ding wat ons almal bind: Die bleddie getik-tok van die horlosie wat niemand die aardigheid van oudword (en dan ook siekte) spaar nie. Dit is ’n storie vir elke lid van die gesin en beloof om te sorg vir humor, maar ook lag met ’n traan. Elkeen wat ’n ma het, gehad het of sélf ’n ma is, moet dit sien.


Die produksie is moontlik gemaak deur Spar.

 

Sê groete vir Ma is “terug op die planke” in jou sitkamer as deel van die KKNK se aanlyn fees in 2021.

Die KKNK word ondersteun deur Absa, Media24 en die Het Jan Marais Nationale Fonds.