Family friendly

Kersfeesetes saam met SARIE 2021

Wed Nov 24, 19:00 - Sun Nov 28, 17:00

Atlantic Studios

ABOUT

*UITVERKOOP*

Daar is ongelukkig geen meer kaartjes beskikbaar nie! Baie dankie aan elke leser wat kaartjies bespreek het.

*UITVERKOOP*


Geniet ’n Kersfeeskuier saam met SARIE. Ons doen dit in styl, en SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, kook spesiaal vir jou.

 

Wat is Kersfees sonder ’n kuier saam met jou gunsteling-vriendin, SARIE. Tye het dalk verander, maar ons aptyt vir ’n heerlike ete geensins nie. Daarom maak ons weer so. Die Kersete het al ’n instelling geword en vanjaar sal Herman weer eens iets optower wat al jou sintuie sal laat tintel en bruis. Die Kokkedoor-stoor (soos dit bekendgestaan het) het boonop ’n nuwe baadjie aangetrek en vanjaar gaan daar net nog lekkerder gekuier word.

 

Sparta Beef sal sorg vir die beste vleissnitte, terwyl jy met die komplimente van Robertson Winery ’n glasie sal kan klink. Spekko is weer aan boord en Checkers sorg vir al die vas bestandele. Herman word soos altyd bygestaan deur die flink studente van die ICA Chef School.

 

 

TAFELS

Soos verlede jaar kuier ons om gesellige tafels in Kaapstad, met Herman en sy span wat vir jou ’n vyfgang-feesmaal berei.

NB. Ons bou hierdie tafels rondom jou bespreking en nie om ’n langtafel nie – om aan coronavirusregulasies te voldoen. Jy moet dus vir al jou gaste op een slag betaal, sodat ons weet hoeveel mense om ’n tafel sit. Die tafel sal onder jou naam bespreek wees.

 

INGESLUIT

Die prys sluit drankies, ’n vyfgang-feesmaal en die resepte vir dié heerlike ete in. Jy gaan huis toe met ’n geskenkpak vol bederwe van die borge en SARIE.


 

DATUMS

Woensdag 24 November 19:00

Donderdag 25 November 19:00

Vrydag 26 November 19:00

Saterdag 27 November 18:00

Sondag 28 November 13:00

 

PLEK

Atlantic Studios, Montague-rylaan 7, Montague Gardens, Kaapstad

 

KAARTJIES

R650 per persoon, alles ingesluit

 

* Indien jy enige navrae het, kontak [email protected]

DIRECTIONS

Kersfeesetes saam met SARIE 2021
Atlantic Studios
7 Montague Drive, Montague Gardens, Cape Town, 7441
Get Directions