Meyerton: Lollos Reënboogstories

calendar
Fri Jul 2, 15:00 - Fri Jul 2, 16:00
location
Biekie Bos

BELANGRIKE KENNISGEWING: VERTONING TYDELIK UITGESTEL!

Dit is met ‘n swaar hart dat ons julle in kennis stel dat al ons vertonings tydelik uitgestel word tot na die derde Covid vlaag. Na aanleiding van die President se aankondiging Dinsdag, 15 Junie, die skuif na vlak 3 van inperking en die gepaardgaande strenger beperkings vir die getalle vir sosiale byeenkomste, moes ons noodgedwonge hierdie besluit maak.

 

Die vertonings wat geraak word is Meyerton, Centurion, Montana & Rustenburg.

 

Ons verstaan hierdie besluit maak baie kinderharte seer – ons was so opgewonde om weer al die maats te sien en na meer as ‘n jaar weer op te tree; ons harte is netso seer.

 

Kaartjies is steeds geldig en ons sal die nuwe datum so gou as moontlik aan u kommunikeer.


*****************************************************************************************************************************************************************************************




Die Lollos span besoek MEYERTON met hulle opwindende nuwe vertoning, genaamd Reënboogstories!"


MEER OOR DIE VERTONING:

Lollos se gunsteling kleur is Blou! Disco hou baie van Groen en Geel. Karla is MAL oor Rooi en natuurlik is Lettie se heel beste kleur: Pienk! In hierdie episode van Lollos en Lettie se 

manewales ontdek die span al die kleure van die Reënboog. Met elke nuwe kleur ontdek hulle ook ’n nuwe storie en met elke nuwe, opwindende storie leer hulle ietsie nuuts. Uiteindelik leer Lollos en Lettie dat elke kleur sy eie spesiale plekkie in die Reënboog het - en dit is eers wanneer al die kleure bymekaar kom dat die Reënboog kan skitter en skyn. 


Soos oudergewoonte van Lollos, is hierdie reënboog-avontuur ook propvol interaktiewe pret, grappies en baie danspassies wat enige kindergehoor op hulle voete sal hou en laat skaterlag van die begin tot die einde.


Dit beloof om een groot belewenis te wees vir die kinders; en die ouers sal dit ook geniet. Dis die perfekte geleentheid om ‘n lekker tyd saam met jou gesin te spandeer. Jy mag dit nie mis nie!


Maak seker jy stoor ons kontak nommer op jou selfoon, om op hoogte te bly van enige verwikkelinge - 065 298 3864.

 

KAARTJIES:

*BAIE BEPERKTE KAARTJIES IS BESKIKBAAR & COVID REGULASIES GELD

*Kaartjies is slegs beskikbaar op Quicket teen R100pp. Sien verskeie betaalopsies.

*Ouers en kinders betaal ongeag ouderdom. Babas onder 12 maande is gratis, maar vanaf 1 jaar val hulle binne die Lollos “brand” se teikenmark en benodig dus ‘n kaartjie. Elke persoon wat die vertoning bywoon moet egter ‘n kaartjie hê.

*Ons doen ongelukkig geen terugbetalings nie. Indien ons genoodsaak word om die vertoning aan te skuif weens Covid regulasies, sal u kaartjies geldig wees vir die nuwe datum.

 

WANNEER / WAAR:

Die vertoning sal plaasvind in MEYERTON, VRYDAG, 2 Julie 2021 om 15:00 by Biekie Bos (41 Donald straat).


SITPLEKKE:

Dit is ongereserveerde sitplekke.

Piekniek styl - jy is welkom om 'n kombersie te bring vir jou kind om op te sit.

Covid reëls geld.


LOLLOS PRODUKTE:

Neem asb kennis dat Lollos produkte op die dag van die vertoning verkoop sal word en nie vooraf saam met jou kaartjies nie. Neem ook kennis dat Kindervermaak Suid-Afrika as organiseerder, geen beheer het oor watter items op die dag beskikbaar is nie; daar is gevalle wanneer van die items soms uit voorraad is en dan nie deur die derde party aan ons gestuur is nie. Daar is ook ‘n moontlikheid dat daar ander nuwe produkte sal wees. 

 

ANDER:

‘n Vertoning is ongeveer 45 minute lank en bestaan uit 4 karakters. As gevolg van Covid, sal geen fotos na die tyd saam met die karakters geneem word (soos wat voorheen die gedoen is nie).


TERME:

Wanneer u ‘n kaartjie koop, stem u outomaties in tot hierdie voorwaarde en reëls:

*Covid regulasies geld.

*Elke kindjie is sy ouer/s se verantwoordelikheid. Daar is honderde kindertjies by die vertonings en dit is vir ons onmoontlik om na almal om te sien. Indien u nie self die vertoning saam met u kind wil bywoon nie, moet u ‘n alternatiewe voog / persoon saamstuur wat verantwoordelikheid neem vir u kind/ers. 

*Dit is elke ouer/voog se verantwoordelikheid om seker te maak dat sy/haar kind nie tydens die vertoning op die verhoog klim nie. Die karakters is in kostuum en kan nie altyd mooi daardeur sien nie. Daar is dus 'n groot moontlikheid dat kinders baie seer kan kry en ons wil dit verhoed. Dit onderbreek ook die vertoning en ontwrig die vloei wanneer kinders eers van die verhoog verwyder moet word vir veiligheidsredes. Ons is bewus dat die kinders vreeslik opgewonde is om hul gunsteling karakters uit Lalaland 'n drukkie te gee, maar daar sal weer na die vertoning geleentheid hiervoor wees.


KINDERVERMAAK:

Om op hoogte te bly van TOP Kindervermaak in jou omgewing, like ons nasionale FB blad: www.facebook.com/kindervermaaksa

Volg ons op INSTAGRAM vir oulike plasings, wat waar gebeur en ander prettighede: @KindervermaakSA

Vir enige navrae, kontak ons gerus by [email protected] / 065 298 3864 / 082 410 7682


Sien julle daar!

LOLLOS - REëNBOOGSTORIES
Lollos se gunsteling kleur is Blou! Disco hou baie van Groen en Geel. Karla is MAL oor Rooi en natuurlik is Lettie se heel beste kleur: Pienk! In hierdie episode van Lollos en Lettie se 
manewales ontdek die span al die kleure van die Reënboog. Met elke nuwe kleur ontdek hulle ook ’n nuwe storie en met elke nuwe, opwindende storie leer hulle ietsie nuuts. Uiteindelik leer Lollos en Lettie dat elke kleur sy eie spesiale plekkie in die Reënboog het - en dit is eers wanneer al die kleure bymekaar kom dat die Reënboog kan skitter en skyn. 
Soos oudergewoonte van Lollos, is hierdie reënboog-avontuur ook propvol interaktiewe pret, grappies en baie danspassies wat enige kindergehoor op hulle voete sal hou en laat skaterlag van die begin tot die einde.

Hier is 'n paar vragies wat Lollos geantwoord het:
Lollos, is jy dan al elf? Of werk jare anders in Lallaland as op aarde? 
In Lalaland werk ons nie met jare nie, die lekker tye is baaaie lank en die hartseer tye is baie kort want die Foempies kom vee vinnig ons traantjies weg. Ek moes leer van dae, maande en jare toe ek eers op die aarde kom kuier het. Ek het sulke lekker liedjies geleer sing wat sommer vinnig vir my al die name van die dae, en al die maande van die jaar geleer het! Dit is veral lekker om dit saam met die maatjies te sing - dan leer hulle dit ook sommer dit in 'n japtrap saam!

Vir mense wat nog nooit van jou gehoor het nie, wie is jy? Ek en Lettie is Lalalanders. Ons kom van die planeet Lalaland af en kom kuier graag by ons aarde-maatjies omdat daar so baie wonderlike dinge is om te leer in julle wêreld. Die heel, heel lekkerste ding vir ons is om te kom sing en dans saam met al ons aarde maatjies en ons lekker vriende - Alta, Minki, Disco, Karla, Marli en Muisvriend!

Lettie, jy is Lollos se beste maat. Maar jy is ook 'n meisie in eie reg. Wil jy iets van jouself vertel? Oe la la! Ek het verskriklik baie om julle van myself te vertel! Ek is natuurlik Lalaland se Herwinkoningin, jy weet? Ek het 'n baie belangrike werk in Lalaland om seker te maak die Lalalanders pas hulle planeet mooi op deur hulle te leer van herwinning en hoe om hulle wêreld mooi skoon te hou! Ek is baie goed daarmee, hoor! En verder is ek 'n regte, egte ballerina! Ek is versot daarop om te kom dans hier by julle, ek het nou al die wonderlikste danspassies geleer en soos julle weet is ek ook 'n modeontwerper - jy kan gerus 'n spesiale Lettie-tutu vir jou kom koop by die konsert! Ek maak hulle self! Ag, ek is net so baie lief vir Lollos en vir die maatjies hier op aarde - om hier te kan kom kuier is vir my feno-mino-mino-minaal!

Is dit nie baie warm om so baie te dans nie? Wat is die lekkerste en die minste lekker van al die dansvertonings? Ag, dit maak nie saak om so bietjie warm te kry nie - om te dans is dan soveel pret! Die lekkerste is om te sien hoe gelukkig ons maatjies is as hulle kan saamdans en die slegste is dat die konsert nie vir ewig kan aanhou nie! 

Watter liedjies is vir jou die heel lekkerste? “Die kiem”, “Die paddakonsert”, “Bons dat die gons”, “Hoe maak die krokodil?”, “Spring op”, “Ek wil dans”, “Die disco jive” … en daar is nog so baie ... Ek weet nie watter een om te kies nie! Al ons heel lekkerste liedjies is daar! 

Is julle opgewonde vir die vertoning? Ja, verskriklik! Ons kan nie wag om saam met die maats lyfies te skud en te kuier nie! Ons hoop om hulle almal daar te sien.

Ons is lief vir Afrikaans & glo dis belangrik om 'n goeie Afrikaanse musiek-en teater kultuur asook Christenskap by ons kleinspan te kweek. Ons bied topgehalte kindervertonings-en vermaak aan regoor Suid-Afrika. Kontak ons gerus indien jy 'n vertoning in jou dorp wil aanbied. [email protected]  / 065 298 3864 / 082 410 7682
Volg gerus ons facebook blad: 
https://www.facebook.com/kindervermaaksa/ 

Additional information

Age restriction Family friendly
Refund policy No refunds

Location

Meyerton: Lollos Reënboogstories
Biekie Bos
41 Donald Rd, Glen Donald AH, Meyerton, 1929
Get Directions Get Directions

Organiser

How can we help?