FREE OPTIONS

Digitale Learning Community 3 Junie 2021 | Leierskap en verlies: Hoe om verlies en terugslae te hanteer

Thu Jun 3, 10:00 - Thu Jun 3, 12:30

Event is online

ABOUT

Ekerk bied graag 'n volgende Digitale Learning Community aan vir 2021. Ons nooi jou graag na hierdie gratis geleentheid toe op Donderdag 3 Junie 2021.


Ons tema die oggend is "Leierskap en verlies: Hoe om verlies en terugslae te hanteer


Verlies is ‘n realiteit vir leiers.

Verlies omdat jy ‘n belangrike besluit moes neem wat sekere opsies elimineer het.

Verlies aan erkenning en resultate omdat dinge te stadig gebeur.

Verlies aan vertroue en mense wat jou verraai het.

Verlies van ‘n bepaalde gemaksone en sekuriteit as gevolg van iemand anders se ondeurdagte optrede.

Verlies aan ‘n werk en inkomste.

Verlies aan gedeelte van jouself en dinge wat vir jou belangrik is.

Verlies van ‘n bepaalde titel en posisie omdat jy ‘n nuwe geleentheid moes aangryp.

Verlies van goeie vriende en spanmaats as gevolg van Covid-19.

Verlies van energie omdat jy uitgebrand is.

Verlies van ‘n bekende belewenis van God.

Verlies van ...


Jy word uitgenooi na hierdie gratis Digitale Learning Community toe die 3de Junie 2021 van 10:00 - 12:30. Ons gaan tydens hierdie geleentheid luister na leiers uit verskeie velde se stories en ervarings van verlies en hoe hulle dit hanteer het. Ons gaan ook vanuit ‘n Bybelse perspektief hieroor reflekteer as ons kyk na hoe Jesus en die vroeë Kerk verlies beleef het en daarmee gedeel het.

 

Tema: Leierskap en verlies: Hoe om verlies en terugslae te hanteer.


Plek: Regstreeks deur middel van video


Jy het net ‘n internet-konneksie nodig waar jy saam gaan kyk op video na die regstreekse uitsending van die dag. Die geleentheid is REGSTREEKS en die OPNAME GAAN SLEGS VIR 7 DAE NA DIE GELEENTHEID BESKIKBAAR WEES om weer daarna te kyk. Ongelukkig gaan die VBO punte slegs toegeken kan word indien die regstreekse uitsending die oggend bygewoon word. Neem asb kennis dat alhoewel dit 'n gratis geleentheid is, jy asb moet registreer om die skakel na die geleentheid te kry en so ook na die opname te kyk. Geen registrasie, geen toegang.*


Tyd: 10:00 – 12:30


Datum: 3 Junie 2021


Koste: gratis. Neem asb kennis dat registrasie vir die geleentheid sluit 3 Junie 2021 om 07:00.

 

Sprekers vir die oggend:



Daar sal 5 VBO-punte toegeken word vir die bywoning van hierdie regstreekse leer geleentheid. Daar gaan slegs VBO punte toegestaan kan word indien jy geregistreer het en indien die regstreekse uitsending die oggend bygewoon word.


* Reg van toegang voorbehou deur ekerk direksie