Family friendly

Bruistablette vir die lewe deur Susan Coetzer by NG Skuilkrans

Sat Sep 18, 17:30 - Sat Sep 18, 17:30

NG Skuilkrans

ABOUT

Baie mense, ook gelowiges, sukkel om die pas vol te hou, om by te bly, om elke dag vol energie, blymoedig en bruisend te wees. Op Susan se reis deur die lewe het sy egter ontdek ’n Berocca in ’n glasie water opgelos, nie genoeg is om al ons uitdagings te trotseer nie, veral nie uitdagings as gelowige nie. Sy het gevind dat sy elke dag ’n doelgerigte en veel sterker innerlike bruistablet benodig om haar gemoed te lig en haar positief en staande te hou te midde van die werklikhede van elke dag.


Met Bruistablette vir die lewe nooi NG skuilkrans jou om saam te kom luister en te lag, en om hoop te kry vir ons as moderne mens en die uitdagings van die lewe wat ons in die gesig staar. Dit is opvoering met humor, deernis en insig. Dit is inderdaad ’n aansporing om elke dag voluit te leef as gelowige, ongeag wat die lewe na jou kant toe gooi. As jy jou dag op die regte manier begin, jou fondasie stewig is en jou wortels op die regte plek, is dié vitamiengelaaide vertoning broodnodig om ’n huppel in jou stap te sit. 


Susan Coetzer is bekend vir haar skryfwerk wat, Praat van die duiwel geskryf, Sonneblomme en daisies, Selma en Louise en Die Joernaal Bybel vir Vroue insluit . As aktrise is Susan bekroon met vier Vita-toekennings asook ’n Artes-toekenning vir haar rol in die televisiedrama Meester. Sy was voorheen getroud met die akteur Frank Opperman en ’n seun is uit dié huwelik gebore. Sy was ook getroud met die sanger en akteur Philip Moolman. Sy het die teaterrestaurant Die Blou Hond begin en vir ’n dekade bedryf. Sy is ook ’n ywerige skilder en gewilde motiveringspreker.

DIRECTIONS

Bruistablette vir die lewe deur Susan Coetzer by NG Skuilkrans
NG Skuilkrans
1 Jan Alberts Ave, Val-De-Grace, Pretoria, 0184
Get Directions