Riaan Benadé live at Kapstadt Brauhaus Durbanville

Tue Nov 9, 19:30 - Tue Nov 9, 20:40

Kapstadt Brauhaus Durbanville

ABOUT

Daar is min dinge wat Afrikaanse mense so baie geniet soos ’n diep boerseun, met ’n rasperstem en kitaar in die hand. Wat nog te sê as dié boerseun liedjies kan skryf wat mense in vervoering het. Riaan Benadé is nie net een van hulle nie - maar voorwaar ook ’n vars briesie in die Afrikaanse musiekbedryf, wie se naam nog lank op mense se lippe gaan wees.


Riaan het vinnig as liedjieskrywer in die musiekbedryf begin spore trap. Dié veelsydige kunstenaar is nie net skrywer vir van Coleske Artists se grootste sterre nie, maar ook vir homself met sy debuutalbum, Spontaan.


Sy solo-album het baie spontaan ontstaan en dus is die titel - Spontaan - nie net ’n titel van een van die snitte nie, maar ook ’n goeie beskrywing hoe dié album gebore is. 


Riaan is ’n mense-mens met ’n passie vir ander, die natuur en jag en kyk altyd wat hy vir die mense om hom kan doen. “Ek hoop dat behalwe as liedjieskrywer, word ek ook onthou as iemand wat altyd ander gehelp het.” As Riaan moet dink waar hy homself in 2040 sien is dit “beslis iewers by ’n braai, iewers in die natuur - of op sy wildsplaas - met ’n paar albums op die rak.” Intussen gaan hy skryf en sing, en orals waar hy gaan dié wat hom ontmoet, inspireer. 


DIRECTIONS

Riaan Benadé live at Kapstadt Brauhaus Durbanville
Kapstadt Brauhaus Durbanville
Heritage Square, Vrede St, Durbanville, Cape Town, 7551
Get Directions