Ivan Roux

Sat Jun 12, 19:30 - Sat Jun 12, 23:30

The Barnyard White River

ABOUT

Kaartjies: R140

Deure Open Om: 5:30pm

Konsert Begin Om: 7:30pm


Kontant Kroeg & Spyseniering Beskikbaar



Nadat Ivan Roux as naaswenner van Die Kontrak, Via TV en Coleske Artists se realiteit-talentkompetsie, uitgetree het, het dié pop-sanger se talent, persoonlikheid en liefde vir sy kinders diep in die harte van Afrikaanse musiekliefhebbers gekruip.


Ivan se konserte is opgewek en energiek en hy bekoor gehore waar hy ookal met sy kitaar en orkes gaan. 


Sy debuutalbum, Daai Ding, is ’n voelgoed-album wat die partytjie aan die gang sal sit en met sy rasperstem maak hy die meisies se knieë behoorlik lam. 


Ivan se enkelsnit, Doennit Als Vir Liefde, was as eksklusiewe enkelsnit op die Afrikaans is Groot Vol. 12 versamelalbum ingesluit met die musiekvideo wat teen die einde van 2019 vrygestel is. 


Dié liedjie, uit Gerhard Steyn se pen, was betyds vir die feesseisoen en was orals by kuierplekke regoor die land geniet - as agtergrondmusiek of tydens een van Ivan se optredes.

DIRECTIONS

Ivan Roux
The Barnyard White River
R40, White River, 1240, South Africa
Get Directions