FREE OPTIONS

Paul Roos Gimnasium Bied Aan: Little Shop of Horrors

Tue May 11, 19:00 - Thu May 13, 22:00

Japie Krige Saal / Hall

ABOUT

PAUL ROOS GIMNASIUM bied aan

LITTLE SHOP OF HORRORS

Met toestemming van Dalro (Pty) Ltd

 

Dinsdag 11 Mei tot Donderdag 13 Mei 2021

Venue: Japie Krige Saal, Paul Roos Gymnasium

Deure open: 18:30

Vertoning begin: 19:00

Kaartjies kos R100

Beskikbaar by Quicket.co.za

Covid19 regulasies word streng gevolg. Geen masker, geen toegang.

Slegs 100 sitplekke beskikbaar per aand

 


Paul Roos Gimnasium is opgewonde om die musiekblyspel Little Shop of Horrors aan te bied. Dié blyspel was beplan vir 2020, maar weens COVID nooit opgevoer nie. Diegene met ‘n liefde vir musiek en teater kan nou uitsien na ‘n verfrissende aanslag op die klassieke en gewilde film en musiekblyspel wat vir die eerste keer in 1982 opgevoer is.

 

Omskrywing:


Daar is ’n slang in die gras in die blommewinkel om die hoek … ’n Slang? Dalk onheilspellender … Maar wat kan so onthutsend wees omtrent ’n eksotiese klein plantjie … of ’n tandheelkundige? Glo dit egter of nie, maar dit is juis aan hierdie twee trawante dat Little Shop of Horrors sy titel te danke het. Dinge gaan maar broekskeer in meneer Mushnik se besigheid: die blomme het hul blos verloor en hy maak geensins meer geld soos bossies nie. Sy assistente Audrey verlep daagliks vanwee ’n uitbuitende verhouding en Seymour wat alles in die winkel moet laat blink, se oë verdof omdat Audrey blind is vir sy sjarme. Alles verander toe ’n lelike ding … ’n plant met ’n eetlus vir bloed … sy kop uitsteek. Hierdie musiekblyspel gee al sedert die jare 80 gehore wêreldwyd hoendervleis en maagpyn van die lag. Op 11, 12 en 13 Mei 2021 trek dit ’n plaaslike baadjie aan in die Japie Krige. Waag dit om verskrik en vermaak te word.

DIRECTIONS

Paul Roos Gimnasium Bied Aan: Little Shop of Horrors
Japie Krige Saal / Hall
Suidwal Rd, Krigeville, Stellenbosch, 7600
Get Directions