No under 13s

Schalk Sing Sleg

Sun May 30, 17:30 - Sun May 30, 22:00

Neo Venue

ABOUT

Schalk Bezuidenhout is bekend as ’n vreeslose én skreeusnaakse komediant. Sy videos op Instagram en Facebook is vir tienduisende Suid-Afrikaners die beste lagmedisyne sedert die lockdown begin het. Op 30 Mei tree Schalk in Wellington op met ’n splinternuwe vertoning, wat Afrikaanse stand-up komedie met vlymskerp oorspronklike liedjies en musiek – oor alles en nog wat – kombineer. Schalk mag dalk koor gesing het op skool en hy was selfs 'n Kanarie op die silwerdoek, maar die slotsom is: Schalk sing sleg. Schalk deel die verhoog met talentvolle musikant Wesley van der Westhuizen. O ja, Wesley speel verskeie instrumente, Schalk tree dus nie op met backtracks soos een of ander snotkop met 'n snor nie. Kom tuit jou ore en lag jouself ’n papie, want Schalk se liedjies sal jou laat mis, eet, slaap, herhaal én skater! 


Burgers sal beskikbaar wees slegs op vooraf-bestelling. Bespreek asseblief jou burger kaartjie aanlyn. Let wel die burger kaartjie sluit nie toegang in nie, so maak seker jy bespreek vir altwee.


Bezu'rger - R125

2 x 100g beef patties, smoked mozzarella, gouda, streaky bacon, caramelised onions on a bagel with BBQ spiced fries and onion rings


Datum: Sondag, 30ste Mei

Deure maak oop om 17:30

Vertoning begin om 19:00

DIRECTIONS

Schalk Sing Sleg
Neo Venue
R301, South Africa
Get Directions