Schalk Sing Sleg

Sun May 30, 13:00 - Sun May 30, 14:30

Saronsberg Theater

ABOUT

Schalk Bezuidenhout is bekend as ’n vreeslose én skreeusnaakse komediant. Sy videos op Instagram en Facebook is vir tienduisende Suid-Afrikaners die beste lagmedisyne sedert die lockdown begin het. Op 30 Mei tree Schalk in Tulbagh op met ’n splinternuwe vertoning, wat Afrikaanse stand-up komedie met vlymskerp oorspronklike liedjies en musiek – oor alles en nog wat – kombineer. Schalk mag dalk koor gesing het op skool en hy was selfs 'n Kanarie op die silwerdoek, maar die slotsom is: Schalk sing sleg. Schalk deel die verhoog met talentvolle musikant Wesley van der Westhuizen. O ja, Wesley speel verskeie instrumente, Schalk tree dus nie op met backtracks soos een of ander snotkop met 'n snor nie. Kom tuit jou ore en lag jouself ’n papie, want Schalk se liedjies sal jou laat mis, eet, slaap, herhaal én skater!

DIRECTIONS

Schalk Sing Sleg
Saronsberg Theater
23 Van Der Stel St, Tulbagh, 6820
Get Directions