FREE OPTIONS

AGS Bellville - 11 April 2021, 08:30

Sun Apr 11, 08:30 - Sun Apr 11, 09:30

AGS Bellville

ABOUT

Daar is 2 Oggenddienste in persoon by ons kerk gebou. Met die nuwe TYDELIKE Regulasies van Vlak 1 inperkings, maak ons voorsiening vir die maksimum aantal van 250 mense in ons ouditorium! Maak seker jy bespreek vir jou/jou gesin om die diens by te woon. By registrasie kan jy plek bespreek vir persone wat in ouditorium diens bywoon sowel as K4J (kinders 2-13 jaar) in die K4J area. Maak dus seker dat jy vir die regte tyd bespreek en natuurlik, by die regte diens opdaag.


Dinge om in gedagte te hou:

  • maak asseblief seker jy is vanaf 09:00 by die kerk, daar is verskeie stappe wat gevolg moet word voor jy mag in gaan
  • deure na hoof oudirorium maak om 09:30 toe
  • as jy enige van die simptome het, bly asseblief eerder tuis om ander te beskerm
  • onthou asseblief jou masker, dit moet te alle tye gedra word
  • gesinne mag by mekaar sit
  • indien jy en jou vriend/in saam ry na ons diens mag julle ook saam sit
  • binne ouditorium versoek ons dat almal slegs elke tweede ry sal inneem (so aangedui) en tussen gesinne/individue 2 stoele oop laat voordat volgende gesin of individue sal sit


As jy teen die vorige dag agterkom dat jy nie die diens gaan kan bywoon nie, laat weet ons asseblief per epos of WhatsApp! Daar is baie mense wat ook die geleentheid wil kry om die diens by te woon, en ons wil graag vir hulle ook die kans gun.


Ons diens om 10:00 word nogsteeds aanlyn uitgesaai deur middel van livestreaming.

DIRECTIONS

AGS Bellville - 11 April 2021, 08:30
AGS Bellville
Retief Rd, Kempenville, Cape Town, 7530
Get Directions